S­choe­man sterf soos hy ge­leef het

Beeld - - Kommentaar -

Die ge­heim­sin­ni­ge her­miet. Die skug­ter, a­so­si­a­le skry­wer wat die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de on­meet­baar ver­ryk en ver­ruim het met so­wel nie­fik­sie as fik­sie. As his­to­ri­kus van for­maat het Ka­rel S­choe­man ver­al aan die stem­lo­ses ’n stem ge­gee. Was dit Hen­nie Au­camp wat op ’n keer ge­sê het dat Bloem­fon­tei­ners ’n e­nor­me skat­plig­tig­heid teen­oor S­choe­man het, aan­ge­sien hy hier­die stad se ge­skie­de­nis so ef­fek­tief na­ge­vors en op­ge­te­ken het?

Hy het trou­ens ’n lang tyd van sy le­we nooit na hom­self as ’n Suid-A­fri­ka­ner ver­wys nie, maar in­der­daad as ’n Vry­sta­ter. As ro­man­skry­wer was sy dic­tum dat “die ver­le­de ’n an­der land is; die men­se doen din­ge an­ders daar”. As een van die bes­te en be­lang­rik­ste A­fri­kaan­se ro­man­siers het hy die ver­le­de so ge­trou en ver­beel­ding­ryk op­ge­roep dat dit soos hier en nou ge­voel het.

Ver­skil­len­de le­sers sal ver­skil­len­de S­choe­man-wer­ke as hul guns­te­ling aan­dui. Vir my is Hier­die le­we die bes­te ro­man wat ooit in A­fri­kaans ge­skryf is. Maar dan is dit se­ker toe­val­lig (of dalk nie) dat ek tans Af­skeid en ver­trek her­lees en diep daar­deur ont­roer word. Hier­die fu­tu­ris­tie­se werk wat hy in 1990 ge­skryf het, re­so­neer op so baie vlak­ke met die hui­di­ge SuidA­fri­ka.

En dan is daar sy ou­to­bi­o­gra­fie­se Die laas­te A­fri­kaan­se boek. Vir e­ni­ge le­ser of stu­dent wat S­choe­man wil deur­grond, is hier­die werk ver­plig­te lees­stof. Hier­in be­skryf hy hoe hy as jong seun die rol­prent Go­ne with the Wind ge­sien het en hoe diep hy on­der die in­druk ge­kom het van hoe ver­gank­lik al­les op hier­die aar­de en in hier­die le­we is. Dit is hier­die ver­gank­lik­heid wat die leit­mo­tiv van sy oeu­vre sou word.

Dit is in­der­waar­heid be­te­ke­nis­vol dat hy ge­kies het om nie ten al­le kos­te aan die le­we vas te klou nie. Hy het nie vol­gens kon­ven­sie ge­leef nie. En hy het ook nie vol­gens kon­ven­sie ge­sterf nie. Die A­fri­kaan­se kul­tuur­le­we het een van sy groot­ste kuns­te­naars met Ka­rel S­choe­man se af­ster­we ver­loor.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.