So be­hoort self­dood te wees . . . mens­waar­di­ger

Beeld - - Kommentaar -

Pie­ter Joos­te, kli­nie­se siel­kun­di­ge, P­re­to­ria

Die ge­vier­de skry­wer Ka­rel S­choe­man se be­skry­wing van diep deur­denk­te self­dood, deur “. . . vry­wil­lig van die ge­bruik van drank en voed­sel af te sien en die le­we deur ’n pro­ses van ver­ster­wing te be­ëin­dig . . . ”, wat “nie nood­wen­dig son­der on­ge­mak of pyn (is) nie . . . ”, het die self­dood van ie­mand baie na­by aan my da­de­lik weer vars in my ge­heue ge­bring.

Die pro­ses van sy vas­be­ra­de self­ont­hou­ding, ter­wyl die ge­nees­kun­di­ges daar­teen ge­veg het, was pyn­lik, on­aan­ge­naam en hart­seer.

Ook was dit e­mo­si­o­neel ui­ters moei­lik vir die­ge­ne na­by aan hom. Ná by­na drie we­ke het hy uit­ein­de­lik die stryd ge­wen en hoe­wel ek hom en sy keu­se on­der­steun en re­spek­teer het, het dit my uit­ge­mer­gel ge­laat.

Ka­rel S­choe­man was be­voor­reg ge­noeg om ’n mens­waar­di­ger ma­nier te vind om, soos B­rey­ten B­rey­ten­bach dit stel “. . . net ’n tree (te) gee oor die skei­ding na ’n hel­der­der lig . . . ”

So be­hoort self­dood te wees. Wan­neer ’n hel­der­den­ken­de mens die be­sluit ge­neem het, moet hul en sy/haar ge­lief­des die no­di­ge be­ra­ding en be­ge­lei­ding ont­vang om hul­le ook daar­op voor te be­rei.

Ka­rel S­choe­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.