B­rie­we­ko­lom soos Hy­de Park

Beeld - - Kommentaar -

In 1964 het W.E.G. Louw ’n reeks op­stel­le oor brief­skry­wers ge­skryf. Hy ver­wys na die “in­ge­son­de stuk­ke” in die b­rie­we­ko­lom en ver­ge­lyk die dag­blad se ko­lom met die seep­kis­sies in Hy­de Park, Lon­den. Al­mal kan daar­van ge­bruik maak.

Hy ver­wys ook na die feit dat ’n goed ge­stel­de brief op die reg­te tyd ’n ket­ting­re­ak­sie kan be­gin wat wye ge­vol­ge kan uit­lok, soos dié van Ar­nol­dus Pan­ne­vis in 1872 om die saak van ’n By­bel­ver­ta­ling in A­fri­kaans on­der le­sers se aan­dag te bring.

Louw ver­wys ver­der na die “al­te ska­mes”. Hul­le re­de­neer hef­tig in die huis­kring en sweep me­kaar op, maar sal nooit “pen op pam­pier” sit nie.

Dit bring my by my punt te we­te die SMS’ers. Ek ge­niet die mees­te van hul by­dra­es, ver­al dié wat die ga­we het om in ’n paar woor­de ’n goeie punt te stel. Maar dan kry jy die­ge­ne wat steel­houe na ru­brie­ken brief­skry­wers mik en dan ag­ter a­no­ni­mi­teit weg­kruip en nooit hul “pen op pam­pier” sal sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.