Goeie nuus

Straf of dis­si­pli­ne?

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Ons dreig en slaan me­kaar nooit God­waarts nie, maar bid me­kaar na hom toe. Ons be­ge­lei me­kaar met wys­heid op die reg­te koers.

Dit geld vir ons elk­een, wat ons be­roep of roe­ping ook al is. Dis­si­pli­ne het nie stok­ke en swe­pe no­dig, soos wat par­ty dink nie. Slaan is si­no­niem met straf en met te­rug­kry.

Ter­wyl die He­re se soort dis­si­pli­ne ons vo­ren­toe vat, vat straf ons al­tyd te­rug. Lie­wers, dit krý ons te­rug. Dit hou ons ge­van­ge deur ons heel­tyd te her­in­ner aan ons fou­te.

Dis­si­pli­ne vorm ons eg­ter om te word wie ons moet wees in die He­re. Ge­son­de dis­si­pli­ne wil nie­mand te­rug­kry nie, maar help vorm. Dit wil me­kaar se ka­rak­ter groei tot eer van die He­re.

Daar­om is ver­ma­nen­de woor­de no­dig vir goeie dis­si­pli­ne, as­ook lief­de­vol­le maar be­slis­te te­reg­wy­sings. Dis­si­pli­ne se doel is op­bou in die He­re, nie af­breek nie.

Dit is eer­lik, son­der om te ver­ne­der.

Dit is reg­uit, son­der om on­ge­skik te wees.

Dit is “tough lo­ve”, soos die En­gel­se sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.