Kon­tant kos ver­brui­kers baie

Beeld - - Sakenuus -

Kon­tant kos Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers R23,1 mil­jard per jaar, het die kre­diet­kaart maat­skap­py Mas­ter­card be­vind.

Men­se met ’n lae in­kom­ste ver­loor jaar­liks 4,1% van hul in­kom­ste om­dat hul­le kon­tant ver­kies. Die ge­mid­del­de oor al­le in­kom­ste ka­te­go­rieë is 2,4%.

Mas­ter­card sê die R23,1 mil­jard was 0,52% van Suid-A­fri­ka se bru­to bin­ne­land­se pro­duk (BBP) in 2015.

Suid-A­fri­ka­ners het in dié jaar R1 300 mil­jard se tran­sak­sies in kon­tant be­klink.

Die stu­die is by die Wê­reld- E­ko­no­mie­se Forum oor A­fri­ka wat tans in Dur­ban ge­hou word, uit­ge­reik.

Mas­ter­card gee na­tuur­lik toe dat kre­diet- en de­biet­kaar­te óók ’n kos­te dra, maar het nie die pre­sie­se be­drag in Suid-A­fri­ka be­re­ken nie.

In­ter­na­si­o­na­le stu­dies dui daar­op dat dit ge­mid­deld 1,11c van die waar­de van ’n tran­sak­sie kos om kon­tant te ge­bruik; 0,16c vir kre­diet­kaar­te; en 0,32c vir de­biet­kaar­te (ge­meet in A­me­ri­kaan­se sent).

Mas­ter­card sê hoe­wel die per­sen­ta­sie Suid-A­fri­kaan­se vol­was­se­nes wat toe­gang tot bank­diens­te het van 63% in 2011 tot 77% in 2015 toe­ge­neem het, word 52% van al­le tran­sak­sies steeds met kon­tant ge­doen. Dit im­pli­seer dat men­se steeds kon­tant ver­kies, selfs al het hul­le ’n bank­re­ke­ning.

(Die FinS­co­pe-pei­ling vir 2016 het be­vind as Sas­sa-kaar­te bui­te re­ke­ning ge­laat word, het net 58% van Suid-A­fri­kaan­se vol­was­se­nes bank­diens­te. Sas­sa is die a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid wat staats­toe­lae aan be­hoef­ti­ges uit­be­taal.)

Mark El­li­ot t, af­de­lings pre­si­dent van Mas­ter­card Sui­der-A­fri­ka, sê ver­brui­kers is on­der die wan­in­druk dat kon­tant goed­koop is.

“Suid-A­fri­ka­ners is oor die al­ge­meen be­wus van reg­streek­se kos­te daar­van om kon­tant te ge­bruik, soos bank tran­sak­sie geld, maar hul­le neem nie die on­reg­streek­se kos­te in ag nie. Dit sluit in die kos­te van reis na plek­ke waar hul­le kon­tant kan ont­trek of in­be­taal, die werk­tyd (en dik­wels in­kom­ste) wat ver­lo­re gaan, so­wel as die ri­si­ko van dief­stal.”

Die stu­die ver­ge­lyk die reg­streek­se kos­te van kon­tant( kits­bank ont­trek­kings geld, bank­tak kos­te en kos­te by ver­koops­pun­te) en on­reg­streek­se kos­te (reis­geld, tyd­ver­wan­te kos­te, ren­te wat ver­lo­re gaan en dief­stal).

On­reg­streek­se kos­te ver­teen­woor­dig 61%, of­te­wel R14 mil­jard, van die to­ta­le kon­tant­kos­te.

Lae-in­kom­ste ver­brui­kers, wat ge­woon­lik’ n he­le aan­tal klein be­drae per maand in­be­taal of ont­trek, dra die groot­ste las, hoof­saak­lik weens reis­kos­te en tyd wat ver­lo­re gaan. Dié ver­brui­kers het dik­wels nie toe­gang tot an­der bank ka­na­le soos in­ter­net bank diens­te, wa tin die al­ge­meen goed­ko­per is as kits­bank­diens­te en ban­kont­trek­kings nie.

El­li­ott be­stem­pel kon­tant as “die vy­and van fi­nan­si­ë­le in­klu­si­wi­teit en van die ar­mes”.

46% van lae-in­kom­ste ver­brui­kers het wel bank­re­ke­nin­ge, maar word dik­wels ge­dwing om kon­tant te ge­bruik om­dat spa­zas in hul ge­meen­skap nie kre­diet- of de­biet­kaar­te toe­laat nie.

Mas­ter­card merk ook op dat baie min Suid-A­fri­ka­ners nog mo­bie­le diens­te ge­bruik om geld na fa­mi­lie­le­de el­ders in die land of in die res van A­fri­ka te stuur. Die kos­te om kon­tant oor te plaas, ver­teen­woor­dig 8% van die to­ta­le kos­te van kon­tant. Die mees­te geld wat aan fa­mi­lie­le­de oor­ge­dra word, word op “in­for­me­le” ma­nie­re oor­ge­dra.

Fi­nan­si­ë­le in­klu­si­wi­teit – men­se se toe­gang tot bank­re­ke­nin­ge en an­der fi­nan­si­ë­le diens­te – is nou al ge­rui­me tyd in die wê­reld­soek­lig.

Die FinS­co­pe-pei­ling vir 2016 het tot die kom­mer­wek­ken­de be­vin­ding ge­kom dat fi­nan­si­ë­le in­slui­ting in Suid-A­fri­ka ’n plato be­reik het. Daar­by is daar groot vrae oor die ge­hal­te van pro­duk­te en diens­te waar­toe arm men­se toe­gang het. Die pei­ling het be­vind dat net 23% van SuidA­fri­ka­ners vol­doen­de toe­gang tot fi­nan­si­ë­le diens­te en pro­duk­te het.

El­li­ott sê die be­ta­lings­be­dryf moet al­ter­na­tie­we be­ta­lings­me­to­des toe­gank­li­ker maak. Daar­by moet ver­brui­kers, maar ook win­kels, in­ge­lig word oor die wa­re kos­te en ge­va­re van kon­tant.

“Ge­drags­in­gry­ping soos on­mid­del­li­ke en tas­ba­re be­lo­nings vir die ge­bruik van kaar­te moet ook on­der­soek word om men­se se sleg­te ge­woon­tes te ver­an­der.” To­taal = R9,1 mil­jard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.