Ver­le­de maand se ster­re op die JSE

Beeld - - Sakenuus -

Die JSE se in­deks van al­le aan­de­le (Al­si) het in A­pril goed ge­vaar en vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de maand ho­ër ge­sluit.

Die Al­si het die maand 3,4% ho­ër af­ge­sluit na­dat dit in Maart 1,8% ho­ër was, sê An­chor Ca­pi­tal in sy maan­de­lik­se beurs­ver­slag. Die Al­si is vir die jaar 6,2% ho­ër. Die beurs is weer ’n hup­stoot ge­gee deur die ver­to­ning van ny­wer­heids­aan­de­le wat ook rand­ver­skan­sers is en wat die groot­ste deel van die JSE se mark­waar­de ver­teen­ woor­dig, sê An­chor Ca­pi­tal.

Nas­pers was vir so­wat die helf­te van die maand se op­brengs ver­ant­woor­de­lik, sê An­chor Ca­pi­tal.

Die In­di­25­in­deks het in A­pril met nog 5,9% ge­klim na­dat dit in Maart 4% ho­ër ge­sluit het en is 12,6% ho­ër vir die jaar.

Die Fi­ni­15­in­deks het in A­pril kop op­ge­tel na­dat hy in Maart met 2,2% te­rug­ge­sak het. Dié in­deks het die maand 3,2% ho­ër af­ge­sluit, maar is vir die jaar 0,2% la­er.

An­chor Ca­pi­tal sê die Re­si­20­in­ deks het te­leur­ge­stel en die maand slegs 0,1% ho­ër ge­ëin­dig.

Hoe­wel ny­wer­heids­aan­de­le in die al­ge­meen die bes­te ge­vaar het, het die swak­ker rand Lon­min, wat al ’n ge­rui­me tyd suk­kel, ge­help en was dié maat­skap­py die bes pres­te­ren­de aan­deel die maand na­dat hy in Maart die swak­ste ge­vaar het.

Die mees­te van die swak­ste aan­de­le in A­pril is in die hulp­bron­sek­tor, maar die bou­maat­skap­py Group Fi­ve was die groot­ste ver­loor­der en het 25,5% la­er ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.