Gaia se ver­dien­ste per aan­deel styg skerp

Beeld - - Sakenuus - Fran­cois Wil­li­ams

Vir be­leg­gers wat in her­nu­ba­re e­ner­gie wil be­lê, sou aan­de­le in die be­leg­gings­fir­ma Gaia In­fra­struc­tu­re Ca­pi­tal ’n di­vi­dend van 63,5c per aan­deel in­ge­bring het.

Gaia, wat in No­vem­ber 2015 op die JSE ge­no­teer het as ’n spe­si­a­le­doel­ver­kry­gings­maat­skap­py, se hoof­ba­te is ’n e­ko­no­mie­se be­lang van 25,2% in die Dor­per-wind­plaas tus­sen S­terk­stroom en Mol­te­no in die Oos-Kaap.

Gaia het sy re­sul­ta­te vir die boek­jaar tot ein­de Fe­bru­a­rie be­kend ge­maak en spog met ’n ver­dien­ste per aan­deel wat met 205% tot 65,59c ge­groei het.

Dit is Gaia se eer­ste di­vi­dend. Gaia het in De­sem­ber 2016 net meer as R500 mil­joen vir die be­lang in die Dor­per-wind­plaas be­taal. Ná die tran­sak­sie het hy na die be­leg­gings­diens­te­sek­tor van die JSE se hoof­bord ge­skuif.

Gaia het teen sy jaar­ein­de sy eer­ste di­vi­dend­in­kom­ste van

R15,6 mil­joen van

Dor­per ont­vang, en deur die boek­jaar ren­te-in­kom­ste van

R33 mil­joen ver­dien.

Die staats­pen­si­oen­fonds is met 41,16% die groot­ste en­ke­le aan­deel­hou­er in Gaia. Die maat­skap­py se di­rek­teu­re be­sit saam 5,39% van die maat­skap­py se aan­de­le.

Pru­den­ce Le­bi­na, uit­voe­ren­de hoof van Gaia, gee toe die aan­deel is tans il­li­kied want die twee groot­ste aan­deel­hou­ers be­sit meer as 70% van die maat­skap­py.

Gaia wil graag sy aan­deel­hou­ers­grond­slag di­ver­si­fi­seer en hoop om meer in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers soos pen­si­oen­fond­se te lok om te be­lê.

Gaia wil nie bly by groen­krag nie, maar mik om aan­deel­be­lan­ge in an­der Sui­der-A­fri­kaan­se in­fra­struk­tuur­ba­tes te be­kom, ver­al in die e­ner­gie-, ver­voer- en wa­ter-en-sa­ni­ta­sie­sek­tor.

Gaia spog met ’n ver­dien­ste per aan­deel wat met 205% tot 65,59c ge­groei het.

Fo­to: DOR­PER­WIND­PLAAS

’n Uit­sig op die Dor­per­wind­plaas na­by Mol­te­no in die Oos­Kaap. Gaia In­fra­struc­tu­re Ca­pi­tal het ’n 25%be­lang in die aan­leg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.