Haaie wil hier­die mo­men­tum be­hou

Ward, Am kan gif­ti­ge kom­bi­na­sie wees

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Je­re­my Ward, sen­ter van die Haaie, sê die span se leu­se dié week is: “Goeie span­ne be­hou mo­men­tum, uit­ste­ken­de span­ne bou voort op mo­men­tum”.

En Sa­ter­dag, wan­neer die Western Force in Dur­ban op­ruk vir dié fran­chi­ses se Su­per­rug­by-krag­me­ting, sal dit be­lang­rik wees dat die tuis­span eer­der uit­ste­kend as goed is en op sy goeie se­ge van 33-25 oor die Ja­gua­res voort­bou.

Die Haaie het in die loop van die sei­soen ge­suk­kel om week ná week goeie ver­to­nings te her­haal, maar hul­le kan dit nie be­kos­tig om Sa­ter­dag half­ge­bak te wees nie.

“Mo­men­tum is baie be­lang­rik. Ons wil daar­die leu­se Sa­ter­dag toe­pas, so dit is be­lang­rik dat ons op­daag en nóg be­ter as in Ar­gen­ti­nië speel,” sê Ward.

Die K­waZu­lu-Na­tal­lers het hul bes­te wed­stryd tot dus­ver in die reeks teen die Ja­gua­res ge­speel na­dat hul­le ’n week voor dit vrot­sig teen die Mel­bour­ne Re­bels ver­toon het.

“Dit was ’n gees­te­li­ke uit­da­ging vir al die spe­lers om te­rug te slaan na­dat ons ons­self en ons on­der­steu­ners teen die Re­bels te­leur­ge­stel het. Dit was be­lang­rik om na die vol­gen­de rat oor te ska­kel en ons moes her­fo­kus.”

Vol­gens Ward het die span daar­by baat ge­vind om ná die ge­lyk­op­uit­slag van 9-9 teen die Re­bels ’n bie­tjie weg te kom.

“Dit het ons ge­help om vir ’n week weg te kom. Ons kon as span groei en her­be­sin oor waar­heen ons op pad is.” Ward het teen die Ar­gen­ty­ne vir die eer­ste keer in van­jaar se reeks in die be­gin­span op­ge­draf na­dat die ge­reel­de bin­ne­sen­ter, An­dré Ester­hui­zen, vir ses we­ke ge­skors is weens ’n ge­vaar­li­ke duik­slag in die wed­stryd teen die Re­bels. “An­dré is ’n groot ver­lies. Hy sou ’n groot ver­lies vir e­ni­ge Su­per­rug­by-span ge­wees het ge­ge­we sy hui­di­ge spel­peil. Maar ek ge­niet die ge­leent­heid in die be­gin­span,” sê Ward. Hy en die bui­te­sen­ter, Luk­ha­nyo Am, het die po­ten­si­aal om ’n gif­ti­ge kom­bi­na­sie in die mid­del­veld te vorm.

“Ek en Luk­ha­nyo is boe­sem­vrien­de en dit kan mee­bring dat ons ’n baie goeie kom­bi­na­sie op die veld word. Ons daag me­kaar uit en daar is ge­son­de me­de­din­ging tus­sen ons,” sê Ward.

Ward ver­wag van die Force die­self­de soort aan­slag as van die Re­bels.

“Al die Aus­tra­lie­se span­ne pro­beer die­self­de soort wed­stryd­plan volg. Die Force het ’n paar ge­vaar­li­ke spe­lers en ons sal op al ons sui­ers moet vuur.”

Die reg­ter­vleu­el Ko­bus van Wyk kan moont­lik die na­week te­rug­keer na­dat hy twee wed­stry­de weens ’n kuit­be­se­ring mis­ge­loop het. Die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, kan ook be­sluit om die flank P­hi­lip van der Walt weer met die kap­tein­skap toe te ver­trou.

Fo­to: GALLO IMAGES

Je­re­my Ward, sen­ter van die Haaie, vroe­ër van­jaar vir die span in Dur­ban in ak­sie.

Luk­ha­nyo Am

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.