‘Ri­si­ko te groot’ vir Ju­an en Ryn­hardt

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Ju­an de Jongh se ge­brek aan wed­stryd­fiks­heid en Ryn­hardt El­stadt se laat aan­koms is wat Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, daar­teen laat be­sluit het om hul­le vir mô­re se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton te kies.

“Ryn­hardt het eers Dins­dag­aand by ons aan­ge­sluit, wat ’n rol in die be­sluit ge­speel het. Ju­an was die laas­te 16 we­ke bui­te ak­sie en Ryn­hardt die laas­te ses. Ons sou hul­le ge­kies het as ons si­tu­a­sie met be­se­rings werk­lik des­pe­raat ge­raak het,” het F­leck gis­ter ge­sê.

“Ons wou hul­le ook ter wil­le van hul waar­de­vol­le er­va­ring by ’n oor­we­gend jong groep be­trek.

“Hul­le het by­dra­es van die veld af ge­le­wer. Dit sou ’n ri­si­ko ge­wees het om hul­le vir hier­die wed­stryd te kies, maar dit was won­der­lik om hul­le hier te hê om saam met ons te oe­fen.”

F­leck het ter wil­le van ba­lans in sy los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie die groen­tjie Ko­bus van Dyk bo Sik­hum­bu­zo Nots­he op flank ver­kies. Dít volg op die be­se­ring wat Pie­ter-S­te­ph du Toit ver­le­de week teen die High­lan­ders op­ge­doen het.

“Ons suk­kel om die reg­te ba­lans in die los­trio te vind. Siya Ko­li­si, Ni­zaam Carr en Nots­he speel baie e­ners,” sê F­leck.

“Ons het ie­mand no­dig om die vuil­werk te doen en vir Siya en Ni­mo (Carr) ruim­te te gee. Ko­bus is ook ’n goeie lyn­staan­op­sie. Hy is ’n hard­wer­ken­de s­pe­ler wat by die af­breek­pun­te sal in­klim en ons ba­lans kan gee.”

Ter­wyl daar sterk oor­weeg is om die S­pring­bok-vleu­el B­jorn Bas­son ter wil­le van sy goeie lug­vaar­dig­he­de te kies, het F­leck be­sluit om vir C­heslin Kol­be op vleu­el te be­hou.

“Dit was ’n oor­we­ging om­dat Beau­den Bar­rett en TJ Pe­re­na­ra baie na hul vleu­els toe skop. C­heslin is eg­ter vir ’n ge­rui­me tyd al saam met die groep en ek hou van hoe hy met sy hart op sy mou speel. Dis wat ons in hier­die wed­stryd no­dig gaan hê – ou­ens wat gaan op­staan en re­ken­skap van hul­self sal gee,” sê F­leck.

Aan­ge­sien dit lyk as­of die weers­toe­stan­de mô­re in Nieu-See­land se hoof­stad on­ple­sie­rig kan raak, aan­vaar F­leck dat ’n meer kon­ser­wa­tie­we be­na­de­ring as die af­ge­lo­pe paar we­ke dalk no­dig gaan wees.

“Ons moet slim wees en by

Dis wat ons no­dig gaan hê – ou­ens wat gaan op­staan.

— ROB­BIE F­LECK

die toe­stan­de aan­pas. Die Hur­ri­ca­nes is ge­woond aan sleg­te weer en hul­le skop tak­ties slim. Ons is nie van plan om ’n an­der koers in te slaan nie, maar die toe­stan­de kan ons noop om ver­stel­lings te maak,” sê hy.

Met die er­va­ring yl ge­saai in die S­tor­mers-span, het F­leck be­sluit om die Ni­euSee­lan­der S­haun T­ree­by bo Dan K­riel op bin­ne­sen­ter te

kies.

Die groot­ste aan­pas­sing gaan eg­ter voor­langs wees na­dat F­leck vier ver­an­de­rin­ge moes maak.

Oli Keb­ble, wat ver­le­de week as los­kop­stut be­gin het, i snou op­diep laas ver­van­ger ban­ke nis die re­ser­we vas­kop om­dat Frans Mal­her­be van­dees­week rus. Met JC Jan­se van Rens­burg boon­op be­seer, be­gin Ali

Ver­maak as los­kop­stut. Cay­lib Oost­hui­zen is die los­kop op die plaas­ver­van­ger­bank.

Jan de K­lerk en Chris van Zyl is die slot­paar.

■ Die S­tor­mers­span is: SP Marais, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, S­haun T­ree­by, Dil­lyn Leyds, Ro­bert du P­reez, De­waldt Du­ve­na­ge, Ni­zaam Carr, Siya Ko­li­si (k), Ko­bus van Dyk, Chris van Zyl, Jan de K­lerk, Wil­co Louw, Bon­gi M­bo­nam­bi, Ali Ver­maak. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, Cay­lib Oost­hui­zen, Oli Keb­ble, JD S­chic­ker­ling, Sik­hum­bu­zo Nots­he, Ja­no Ver­maak, Dan K­riel, B­jorn Bas­son.

Ko­bus van Dyk (met die bal). Hy ver­vang Pie­ter­S­te­ph du Toit as flank in die S­tor­mers­span vir mô­re se Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.