Kom­mer oor SA se Par­nell voor toer

Beeld - - Sport -

Die Pro­tea-naat­bou­ler Way­ne Par­nell het van­dees­week wéér hart­pro­ble­me in ’n graaf­skap­wed­stryd vir Kent ont­wik­kel.

Dit is in dié sta­di­um on­se­ker of hy na Suid-A­fri­ka gaan te­rug­keer voor­dat die Pro­te­as na En­ge­land ver­trek.

Par­nell is in Suid-A­fri­ka se groep vir die een­dag­reeks teen En­ge­land as­ook die groep wat ook daar in die toernooi om die Kam­pi­oe­ne-tro­fee gaan speel.

K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) het gis­ter be­ves­tig hy is be­wus van die si­tu­a­sie en hy bly op die hoog­te van ver­wik­ke­lin­ge.

Die 27-ja­ri­ge Par­nell sou vol­gens Kent gis­ter ver­de­re toet­se in En­ge­land on­der­gaan het.

Dit volg na­dat hy in Dins­dag se een­dag­wed­stryd teen So­mer­set in Taun­ton skie­lik sleg be­gin voel en die veld daar­na ver­laat het. Hy het slegs vier boul­beur­te in die kits­wed­stryd af­ge­stuur.

“Hy wou la­ter te­rug­keer na die speel­veld na­dat ons me­die­se per­so­neel hom on­der­soek het, maar het dit as voor­sorg­maat­re­ël nie ge­doen nie,” sê T­ho­mas Bro­wn, ’n woord­voer­der van Kent.

Par­nell het Dins­dag ook toet­se by ’n hos­pi­taal on­der­gaan.

“Hy sou ná be­raad­sla­ging met dok­ters by K­rie­ket SuidA­fri­ka gis­ter ver­de­re toet­se on­der­gaan het,” sê Bro­wn.

Nóg hy nóg KSA kon eg­ter hier­na sê of Par­nell na SuidA­fri­ka gaan te­rug­keer.

Suid-A­fri­ka se eer­ste toer­wed­stryd is op 19 Mei teen Sus­sex op Ho­ve.

Dis nie die eer­ste keer dat Par­nell hart­pro­ble­me on­der­vind het nie.

Hy het in 2013 sy Suid-A­fri­kaan­se A-span­maats in P­re­to­ria groot laat skrik toe hy na net twee boul­beur­te in hul wed­stryd teen In­dië se naas­bes­tes die veld ver­laat het.

Hy was kort­a­sem en het on­re­ël­ma­ti­ge hart­klop­pings er­vaar.

Par­nell was lui­dens be­rig­te ’n dag lank aan ’n hart­mo­ni­tor ge­kop­pel en hy het ver­skeie toet­se on­der­gaan in die twee dae wat hy in die hos­pi­taal deur­ge­bring het.

KSA se Mo­ham­med Moos­a­jee het des­tyds ge­sê Par­nell ly of aan die me­die­se toe­stand pe­ri­kar­di­tis of mi­o­kar­di­tis.

Dit neem tot ses we­ke om van laas­ge­noem­de te her­stel.

Fo­to: GETTY IMAGES

Way­ne Par­nell Dins­dag in ak­sie vir Kent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.