Vet tjek­kies op die spel in Wim­ble­don­toernooi

Beeld - - Sport -

Die twee spe­lers wat van­jaar se­ë­vier in Wim­ble­don se en­kel­spel­kom­pe­ti­sies sal nie net weg­stap met ’n ge­sog­te ti­tel nie, maar ook met ’n ste­wi­ge wen­tjek van by­na R38 mil­joen.

Die toernooi­or­ga­ni­seer­ders het gis­ter ’n ver­ho­ging van R3,8 mil­joen in die kam­pi­oe­ne se prys­geld aan­ge­kon­dig, en by­ge­voeg dat spe­lers wat in die eer­ste ron­de ver­loor, self ’n ys­li­ke R600 000 sal ver­dien.

In die vol­gen­de we­ke sal heel­wat spe­lers pro­beer ver­se­ker dat hul­le voor Wim­ble­don in die kwa­li­fi­se­rings­toer­nooi speel, of die oog tref en ’n pro­mo­tors uit­no­di­ging kry.

Die groot­ste naam on­der hul­le is 2004 se kam­pi­oen, Ma­ria S­ha­ra­po­va, wat ver­le­de week in S­tutt­gart haar te­rug­keer tot die ten­nis­baan ge­maak het, ná ’n skor­sing van 15 maan­de.

Vol­gens die or­ga­ni­seer­ders sal hul­le op 20 Ju­nie be­sluit wat­ter spe­lers spe­si­a­le uit­no­di­gings kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.