S­tran­sky spoe­dig weer in berg­fiets­ren ná sy val

Beeld - - Sport -

Joel S­tran­sky, die voor­ma­li­ge S­pring­bok­los­ska­kel wat in die pro­loog van die Ca­pe E­pic­berg­fiets­wed­ren sleg ge­val en erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen het, is te­rug in die saal en gaan vol­gen­de week die Sa­ni2c­berg­fiets­wed­ren aan­durf.

Hy en Da­vid de Li­ma sal van vol­gen­de Don­der­dag hul slag wys in die drie­daag­se skofren wat by Hi­me­vil­le in die sui­de­li­ke Dra­kens­ber­ge be­gin en die Sa­ter­dag in S­cott­burgh ein­dig.

S­tran­sky het ten vol­le her­stel van sy er­ge be­se­rings, wat ’n gat in die long, ge­breek­te rib­be en diep snye aan die ge­sig in­sluit.

“Ek het dit my doel­wit ge­maak om so gou moont­lik te be­gin oe­fen en weer op die berg­fiets te klim,” sê hy.

“Dit het vir my ge­voel of ek my bor­ge en my span in die steek ge­laat het, maar die on­der­steu­ning wat ek ge­kry het, was ge­wel­dig in­spi­re­rend.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.