Ge­luks­go­din frons weer vir Pa­ki­stan­toet­s­kap­tein

Beeld - - Sport -

Mis­bah­ul­Haq, Pa­ki­stan se toet­s­kap­tein, is eer­gis­ter – ’n week na­dat hy op 99* ge­strand ge­laat is in die eer­ste toets teen die Wes­In­die­se Ei­lan­de – op diesélf­de tel­ling in die twee­de toets in Bar­ba­dos uit­ge­haal.

Mis­bah het ver­le­de week die twy­fel­ag­ti­ge eer ge­had om die eer­ste s­pe­ler van Pa­ki­stan te word wat sy beurt op 99 on­oor­won­ne lo­pies ge­ein­dig het na­dat sy kolf­ven­no­te al­mal uit­ge­haal is.

Pa­ki­stan het nie­te­min dié toets met se­we paal­tjies ge­wen.

Mis­bah (42) was eer­gis­ter goed op koers om vir die te­leur­stel­ling in Ja­mai­ka te ver­goed en sy 11de toets­hon­derd­tal aan te te­ken, toe hy nie daar­in kon slaag om ’n kort af­le­we­ring van Ja­son Hol­der, wat skerp ge­klim het, te be­heer nie.

Dié bal het sy hand­skoen ge­tref en die vang­kans is op twee­de glip be­nut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.