Bur­ger­skap kos Leeu sy kans

Tamb­we nie amp­te­lik SA’ner

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

C­he­an Roux, die Ju­ni­or S­pring­bok-af­rig­ter, het die koel­kop-los­ska­kel op sy wens­lys ge­kry, maar sal son­der die krag en vaart van een van SuidA­fri­ka se be­lo­wend­ste jong vleu­els oor die weg moet kom. Roux het gis­ter in S­tel­len­bosch sy uit­soek­groep van 28 spe­lers vir van­jaar se o.20-Wê­reld­toer­nooi in T­bi­li­si, Ge­or­gië, be­kend ge­maak. Cur­win Bosch, die Haaie-los­ska­kel wat tans in die Su­per­rug­by-reeks uit­blink, is een van die er­va­re man­ne wat Roux saam­neem na Oos-Eu­ro­pa.

Daar is vroe­ër be­spie­gel dat hy moont­lik deur die S­pring­bok­ke be­trek sou word vir die reeks teen Frank­ryk en dan nie vir die Ju­ni­or Bokke be­skik­baar sou wees nie.

Vir die Leeus-vleu­el Ma­dosh Tamb­we was daar eg­ter nie plek nie, aan­ge­sien hy nie ’n Suid-A­fri­kaan­se burger is nie.

Dié 19-ja­ri­ge is in die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go ge­bo­re en het as se­we maan­de oue ba­ba saam met sy ou­ers na SuidA­fri­ka ge­kom, waar hul­le ver­blyf­reg as vlug­te­lin­ge ge­kry het. Hoe­wel hy met ver­loop van tyd die no­di­ge reis­do­ku­men­te ge­kry het om die land te ver­laat en kwa­li­fi­seer vir Suid-A­fri­kaan­se bur­ger­skap, het Tamb­we nog nie vir laas­ge­noem­de aan­soek ge­doen

nie.

Bur­ger­skap is ’n ver­eis­te om ’n na­si­o­na­le span te ver­teen­woor­dig.

Die pro­ses om ’n lands­bur­ger te word kan eg­ter e­nig­iets tus­sen agt en 18 maan­de duur.

“Dit (die pro­ses om bur­ger­skap te kry) is iets wat tyd neem om uit te sor­teer.

“Sa­ru (Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie) is be­sig om daar­na te kyk en sal dit spoe­dig pro­beer af­han­del,” het Roux ge­sê.

“Ons kon eg­ter nie lan­ger wag nie en moes toe be­sluit om an­der spe­lers te kies.”

Die Wê­reld­toer­nooi be­gin op 31 Mei.

Suid-A­fri­ka sal in die groep­fa­se teen Frank­ryk, Ge­or­gië en Ar­gen­ti­nië te staan kom.

Ernst van R­hyn, wat ver­le­de jaar ook die Jong Bokke in Man­ches­ter ver­teen­woor­dig het, is as kap­tein aan­ge­wys.

Al­te­sa­me agt spe­lers wat ver­le­de jaar in Man­ches­ter ge­speel het, gaan weer die Ju­ni­or Bokke ver­teen­woor­dig.

Roux sê om die groep uit te dun na 28 spe­lers het baie kop­krap van hom en sy hulp­af­rig­ters, M­z­wan­di­le S­tick en Lou­is Koen, ge­kos.

“Dit was moei­lik, want ons het nie baie tyd ge­had om op die 28 spe­lers te be­sluit nie,” ver­dui­de­lik Roux.

“Vir ’n hoof­af­rig­ter is dit al­tyd lek­ker om vir ’n s­pe­ler te sê: “Veels ge­luk, jy het die groep ge­haal.” In daar­die oom­blik ver­we­sen­lik jy sy droom om sy land te ver­teen­woor­dig.

“Die erg­ste is om vir die res te sê hul­le het dit nie ge­maak nie. Ons het die week agt on­der­hou­de met ver­skeie spe­lers ge­had en dit was nie lek­ker om die aand huis toe te gaan nie.

“Ek dink die 28 waar­op ons be­sluit het, is die man­ne wat hul han­de op­ge­steek het.”

Die Ju­ni­or Bokke wat tans nog op Su­per­rug­by-diens is, sal Son­dag by die groep aan­sluit.

Bosch is by die Haaie, wat Sa­ter­dag in Dur­ban speel.

Da­mi­an Wil­lem­se is as voor­sorg­maat­re­ël na Nieu-See­land ont­bied, waar die S­tor­mers mô­re teen die Hur­ri­ca­nes speel.

Ma­dosh Tamb­we

Ernst van R­hyn, die SA kap­tein.

Cur­win Bosch sluit hom Son­dag by die Ju­ni­or Bokke aan. Fo­to’s: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.