Bul­le wil be­sit soos klei­nood be­skerm

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Hoe be­rei jy voor vir ’n wed­stryd teen die Cru­sa­ders?

“Moe­nie vir hul­le die bal gee nie,” het die Bul­le-af­rig­ter, Nol­lis Marais, met ’n breë glim­lag ge­ant­woord toe hy gis­ter dié vraag ge­vra is.

Hoe­wel sy op­mer­king skert­send was, is dit die Bul­le se groot uit­da­ging wan­neer hul­le Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld teen die Cru­sa­ders in die Su­per­reeks aan­tree.

Om­keer­be­sit is ta­boe teen die Cru­sa­ders. “Ons sal baie ak­ku­raat moet wees. Al die Nieu-See­land­se span­ne is do­de­lik wan­neer jy be­sit af­staan.

“En jy moet op die dag tak­ties op jou stuk­ke wees. Jy kan nie in jou kwart­ge­bied aan die hard­loop gaan teen hul­le nie.”

A­dri­aan S­trauss, die Bul­le se kap­tein, sê woor­de is nie no­dig om sy spe­lers te mo­ti­veer nie.

“Die Cru­sa­ders het ’n on­ge­loof­li­ke re­pu­ta­sie. Dit is die groot­ste span in die ge­skie­de­nis van die kom­pe­ti­sie en hy is van­jaar on­oor­won­ne.

“Baie van ons spe­lers het nog nooit teen die Cru­sa­ders ge­speel nie en dit is ’n groot ge­leent­heid vir ons.”

Vol­gens S­trauss sal die Bul­le moet ver­be­ter op hul on­lang­se ver­to­ning teen die C­hee­tahs.

Marais sê dit is ’n eer om die Cru­sa­ders te pak.

“Ons glo ons kan hul­le wen. Ek het nog al­tyd ge­sê die span is be­ter as wat ons ver­to­nings aan­dui. Ons kom wel voor ’n hoë hek­kie te staan.”

Daar is twee ver­an­de­rings aan die span wat die C­hee­tahs ge­klop het. Die flank Ja­c­ques Pot­gie­ter is met voor­be­dag­te ra­de in­ge­sluit vir sy fi­sie­ke deug­de. Marais voor­spel die stryd gaan “on­ge­loof­lik fi­siek” wees.

T­re­vor Ny­a­ka­ne neem as vas­kop by Ja­co­bie A­dri­aan­se oor.

■ Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het be­ves­tig dat die S­pring­bok-slot Lood de Ja­ger sy kon­trak met ’n ver­de­re twee jaar ver­leng het en dat hy tot aan die ein­de van 2019 in P­re­to­ria sal speel.

“My kon­trak by die Bokke ver­stryk van­jaar, maar met my na­si­o­na­le kon­trak wat nou ver­leng is, kon ek my op­nuut tot die Bul­le ver­bind het,” het De Ja­ger ge­sê.

■ Bul­le: War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Jes­se K­riel, Burger O­den­daal, Jam­ba U­len­go, Ti­an S­choe­man, Piet van Zyl, Han­ro Lie­ben­berg, Ja­c­ques Pot­gie­ter, Nic de Ja­ger, Lood de Ja­ger, Ja­son Jen­kins, T­re­vor Ny­a­ka­ne, A­dri­aan S­trauss (k), Pier­re S­choe­man. PLAASVERVANGERS: Jaco Vi­sa­gie, Li­zo G­qo­bo­ka, Ja­co­bie A­dri­aan­se, RG Sny­man, Jan­nes Kir­sten, Ru­dy Pai­ge, Fran­cois Brum­mer, Jan Ser­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.