Leeus maak le­we mak­li­ker vir Ju­li­an

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Hy is bly die Leeus speel sul­ke goeie rug­by in sy af­we­sig­heid, want die vet weet, Ju­li­an Re­de­ling­huys sou dit nie kon uit­hou as sy span ge­suk­kel het nie.

Die Bok-stut Re­de­ling­huys het ver­le­de jaar van sy nek­wer­wels in die Cur­rie­be­ker-half­eind­stryd teen die Vry­staat-C­hee­tahs ont­wrig en se­dert­dien het hy nog nie weer rug­by ge­speel nie.

“Dit maak dit mak­li­ker om uit rug­by te wees as die span so goed doen. Dit is vir my lek­ker om te kyk hoe die ou­ens speel, maar dit is steeds moei­lik om na sul­ke taai wed­stry­de wat in die weeg­skaal is, te kyk.

“Ge­luk­kig het ek dan my dog­ter­tjie langs my, sy kyk ook rug­by,” sê hy trots na­dat hy in Fe­bru­a­rie die eer­ste keer pa ge­word het.

Re­de­ling­huys se loop­baan is steeds in die weeg­skaal, maar hy glo steeds dat hy weer sal speel.

“Daar is nog nie reg­tig an­der nuus nie, be­hal­we dat my lin­ker­arm al baie ster­ker is. Ek sien bin­ne­kort weer die spe­si­a­lis. Ek sal al­tyd weer wil rug­by speel, ek is so lief vir die spel en die spe­lers. Maar wat moet ge­beur, sal ge­beur.”

Een van die hoog­te­pun­te van van­jaar se Su­per­rug­by-reeks vir Re­de­ling­huys tot dus­ver, was die Leeus se se­ge van 29-16 oor die S­tor­mers op Nu­we­land.

“Dit was een van die bes­te wed­stry­de van die he­le reeks. Nie net om­dat ons ge­wen het nie, maar ook oor hoe ons ge­speel het. In die wed­stryd het twee, drie ou­ens een S­tor­mer ge­duik. Daar­die ti­pe toe­wy­ding kan nie ge­meet word nie. Dit is een ding wat ons so suk­ses­vol maak,” sê hy.

Re­de­ling­huys sal Sa­ter­dag­og­gend vroeg voor sy te­le­vi­sie in­skuif om sy span­maats se twee­de wed­stryd op hul toer in Aus­tra­lië, teen die Re­bels in Mel­bour­ne, dop te hou.

“Om suk­ses­vol te toer, is bit­ter be­lang­rik. As jy kan te­rug­kom met ’n paar liga­pun­te ag­ter jou naam, plaas dit jou in so ’n goeie po­si­sie op die pun­te­lys.”

Die Leeus het hul eer­ste wed­stryd op toer ver­le­de week met 24-15 teen die Force ge­wen en vol­gen­de week speel hul­le teen die Brum­bies.

“Ek glo dit is ’n re­a­lis­tie­se doel­wit om te­rug te keer met drie se­ges op ons kerf­stok.”

In dié vas­kop­stut se af­we­sig­heid, vaar Ru­an D­rey­er uit­ste­kend aan die reg­ter­kant van die skrum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.