S­kink dub­be­le dop op A­ma­rok

Beeld - - Motors - Braam Peens

Jy mag (net-net) die draak steek met two-to­ne hem­de, de­nim­kort­broe­ke en ka­kie Cro­cs, maar die kwink­slag wat jy nooit in or­dent­li­ke dub­bel ka­juit ge­sel­skap kwyt­raak nie, is dié een: “Hou net gou my dop vas, dan wys ek jou wat hier­die bak­kie kan doen!”

Sen­si­tie­we sie­le, dié bak­kie­bri­ga­de. Ge­lo­wig ook. Want dis óf ’n Tô-jô-ta óf ’n Fort – die res is kis. Fluis­ter jy die Volks­wa­gen A­ma­rok se naam in hier­die uit­ge­le­se ge­sel­skap, kry jy ’n kyk soos die ou wat met shan­dy en hoen­der­fi­let­te op­daag by die tjop-en-dop waar kin­ders nie toe­ge­laat word nie en die mei­sies net kon­tant vat. En die ap­pels be­gin swaai.

Hoe­kom? Se­dert sy be­kend­stel­ling in 2010 moes ko­pers aan­skou hoe Volks­wa­gen oor sy eie voe­te val deur die A­ma­rok uit­sluit­lik met’ n twee li­ter-vier si­lin­der t u r bo diesel te ver­koop.

Nie dat sy 132 kW en 400 Nm sleg op pa­pier af­ge­steek het by sy be­ter be­deel­de me­de­din­gers nie, maar die per­sep­sie dat min­der ku­bie­ke sen­ti­me­ter ge­lyk­staan aan min­der skiet­goed, ge­kop­pel aan die vrees dat ’n kom­pak­ter krag­een­heid nood­wen­dig har­der moet werk om met die A-span te kan saam­draf, het bak­kie­ko­pers her­haal­de­lik laat te­rug­val na die twee voor­spel­baar­der – en ver­ve­li­ger – keu­ses.

Dis ou nuus.

Ná se­we jaar is die drie­li­ter-tur­bo­die­sel-V6-A­ma­rok hier, en hy soek nou jou dog­ter, jou vrou en jou Haai-laks.

Sluit al­mal toe by jou skoon­ma, want 165 kW en 550 Nm sê hy gor­rel wit­blits saam met sy rem­vloei­stof en mors nie sy tyd met braai nie – hy ver­slind die kar­kas som­mer net so by die slag­pa­le, met vel en been en ho­rings en hoe­we en al.

Die in­tre­de van die V6-mo­del vorm deel van VW se her­po­si­si­o­ne­ring van die A­ma­rok-reeks, wat voort­aan uit­sluit­lik op leef­styl gaan fo­kus.

Weg is die en­kel­ka­juit-werk­e­sel. Die reeks be­staan nou uit 12 pleks van se­we dub­bel­ka­jui­te, waar­van agt ’n ou­to­ma­tie­se rat­kas het.

Die nu­we(r) A­ma­rok be­skik ook oor ’n doel­ge­rig­ter voor­aan­sig so­wel as ’n nu­we wiel­ont­werp. Bin­ne lyk en voel hy dus nóg meer soos ’n ge­sins­mo­tor, met on­der meer’ n op­ge­gra­deer­de in­lig­tings raak skerm en uit­son­der­lik ge­mak­li­ke( op­si­o­ne­le) sit­plek­ke.

Com­fort­li­ne ver­vang T­rend­li­ne as in­tree spe­si­fi­ka­sie vlak, ter­wyl High­li­ne Plus ’n nu­we af­wer­king is wat by­ko­men­de stan­daard­toe­rus­ting bied.

Laas­tens het Ul­ti­ma­te plek ge­maak vir die Boks­burg-spe­si­fi­ka­sie Ex­tre­me, wat be­skik­baar is op 132 kW- so­wel as die 165 kW-mo­del­le, en 20-duim-wie­le en ver­de­re vi­su­e­le ad­den­da van be­vraag­te­ken­ba­re smaak.

Maar daar­die en­jin! S­lim­mes sal dié drie li­ter krag­bron as een van die bre­ër Volks­wa­gen-groep her­ken. Vol­gens VW is hy om vei­lig­heids­re­des wel ’n bie­tjie ver­wa­ter vir ge­bruik in die A­ma­rok, en pro­du­seer hy net 165 kW en 550 Nm (teen­oor die Hi­lux 2.8 se 130 kW en 420 Nm en die Ran­ger 3.2 se 147 kW en 470 Nm).

Die Duit­ser kan eg­ter vir tien se­kon­des op ’n slag sy vol­le po­ten­si­aal van 180 kW en 580 Nm le­wer. Die kom­bi­na­sie van sy agt­gang-ou­to­ma­tie­se rat­kas (met op­si­o­ne­le rat­wis­sel­spa­ne ag­ter die stuur) be­te­ken die A­ma­rok is mak­lik die vin­nig­ste bak­kie in sy klas, met ’n 0-100 km/h-ver­snel­ver­moë van 8.0 sek. en ’n top­snel­heid van 195 km/h.

Ja, dis ’n GTI-bak­kie, van nie­mand an­ders nie as die men­se wat, wel, GTI’s maak.

An­ders as die sa­fa­ri­pak-en­boe­re­sok­kies-klank­ba­ne van die Toyo­ta en die Ford is die VW se stem vol be­lof­te, ge­sag en po­ten­si­aal.

Skop jy die reg­ter­le­pel, brul hy soos ’n leeu – en druk hy jou vas teen die sit­plek soos ’n o­li­fant wat sy bou­de teen ’n boom­stam s­kuur. Dis die soort krag maar ook ver­fynd­heid wat jy van ’n groot Au­di op die Au­to­bahn ver­wag, nie ’n ne­de­ri­ge Volks­wa­gen­bak­kie nie.

En dis juis die punt van die nu­we A­ma­rok. Meer so­fis­ti­ka­sie, meer ge­rief en meer oor­tui­ging wat jou ge­noeg sal laat kop­krap oor of jy hom nie dalk bo ’n sport­nuts moet vat nie.

Maar het VW dan nou op­set­lik die stryd om taai­heid ge­won­ne ge­gee om­dat sy bak­kie skyn­baar ge­mak­li­ker is by die ou­e­te­huis se rol­stoel­par­keer­hok­kie pleks van ’n gr. 5-veld­ry­roe­te – waar hy tog hoort?

Straf­dop.

In la­e­s­trek kan die 132 kW-hand­ra­tA­ma­rok met een ton wer­kers ag­ter­op teen ’n hel­ling van 45° stil­hou en weg­trek (hul­le moet net mooi vas­hou). Geen an­der bak­kie in Suid-A­fri­ka kan dit ver­mag nie.

Sy leer­raam-on­der­stel het se­we ver­ster­kings­par­re. Die Hi­lux het ses; die Ran­ger vyf. Tog is die VW 160 kg en 240 kg lig­ter as on­der­skei­de­lik die Ran­ger en die Hi­lux.

On­ge­loof­lik?

Dan is daar die A­ma­rok se (u­nie­ke) veld­ry­mo­dus wat die ABS-rem­me, sta­bi­li­teits­be­heer en ou­to­ma­tie­se rat­kas met die druk van ’n knop­pie van­self her­pro­gram­meer vir grond­pad­ry. En die rem­kny­pers wat van­self die sky­we el­ke nou en dan droog­maak om die rem­af­stand so kort moont­lik te hou.

In die hand­rat­weer­ga­we kan jy selfs met die top­snel­heid tus­sen die 4x2- en die 4x4-mo­dus ska­kel. Ook kan jy selfs swaar­diens-blad­ve­re spe­si­fi­seer wat sy dra­ver­moë tot by 1 147 kg ver­groot – weer eens klas­lei­dend.

O ja, en soos al­tyd kan jy steeds ’n vol­groot­te-drap­lank ag­ter­op ’n A­ma­rok laai. Pro­beer maar weer, Ford en Toyo­ta.

Is daar e­nig­iets wat die V6-A­ma­rok nie kan doen nie? Ja – sy ei­e­naar se geld spaar. Want die drie V6’e – wat al­mal net in ou­to­ma­ties en vier­wiel­aan­dry­wing be­skik­baar is – se prys wis­sel van R665 700 tot R748 600. Daar­teen­oor kos die goed­koop­ste dub­bel­ka­juit-3.2 Ran­ger en 2.8 Hi­lux on­der­skei­de­lik R516 000 en R490 000.

Daar’s hy – die sta­tig­ste, slim­ste en vin­nig­ste bak­kie in Suid-A­fri­ka. Klou maar aan daar­die dop vas, want lank­laas was die Kaap weer só Hol­lands.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.