Ons help ’n kra­ni­ge veld­ry­er kies

Ver­geet die luik­rug. El­ke jong ge­sin wil van­dag ’n kom­pak­te sport­nuts hê. Braam Peens het drie van die jong­ste ry­goed gaan be­kyk en hul­le teen me­kaar op­ge­weeg.

Beeld - - Motors -

Luis­ter, lees en kyk jy dees­dae rond­om jou is dit net fop­nuus. En dis al­ler­mins ’n ver­skyn­sel wat Do­nald Trump of die Gup­tas gis­ter be­gin het.

Die snik­ken­de Han­sie Cron­jé het nooit daai wed­stry­de ge­kook nie, en dit kon mos nie Joost in daai stout vi­deo wees nie.

Ewe on­be­twis­baar is die feit dat meer sport nut s­voer­tuie as ge­wo­ne ge­sin s mo­tor sin Suid-A­fri­ka be­kend­ge­stel is.

Ja-nee, Corol­las en Jet­tas is uit soos sa­fa­ri­pak­ke en Bryl­creem.

Die luik­rug en die jong­ste gier – die e(r)g kom­pak­te sag­te sport­nuts – bly maar ín. Elk­een van hier­die buk­sies het be­denk­li­ke been spa­sie en dra hoë hak berg­klim skoe­ne om die Rich­ters­veld skrik te maak. Die ga­ping tus­sen hul voor­koms en hul ver­moë is eg­ter groot.

TOYO­TA C­HR

Wel­kom in die wê­reld van die fop-by-fô. Toyo­ta, Hyun­dai en Au­di het on­langs al­mal hul deel­ne­mers aan dié seg­ment vir klein sport­nut­se be­kend ge­stel.

Die C-HR is waar­skyn­lik die dap­per­ste Toyo­ta in de­ka­des. Daar is net een en­jin en twee rat­kas­te om uit te kies – no­gal ’n nu­we tur­bo­aan­ge­jaag­de 1,2-li­ter-en­jin (85 kW en 185 Nm).

Ver­der het die CH-R veel­ska­kel-ag­ter­ve­ring in plaas van ’n goed­ko­per wring­balk, maar sy uit­staan­ken­merk bly sy Nis­san Ju­ke-ag­ti­ge voor­koms.

Hy is gro­ter as die Ju­ke, maar lyk ter­self­der­tyd soos ’n ge­spier­de brul­pad­da.

Bin­ne is hy ewe on­kon­ven­si­o­neel; daar is selfs knop­pies wat jy in geen an­der Toyo­ta sal sien nie.

Die sti­le­ring is eg­ter ’n twee­sny­den­de swaard: Die luik­deur se hoek nood­saak ’n vlak­ker laai-a­rea van slegs 234 li­ter. Die­self­de kan ge­sê word van die ont­werp van die ag­ter­deu­re, wat die C-pi­laar reus­ag­tig breed maak, en tru-par­ke­ring be­moei­lik.

Loop al­les reg? Nie heel­te­mal nie. ’n A­vant-gar­de ge­sti­leer­de mo­tor is g’n Roo­de­berg op hout nie.

Soos ’n pienk pruik staan hy van­dag uit; oor­mô­re smag jy weer na sin­vol­heid. Dis hoe­kom die VW Golf so tyd­loos is. Maar bra­vo vir Toyo­ta – die C-HR laat jou an­ders dink oor die a arts kon­ser­wa­tie­we maat­skap­py.

AU­DI Q2

As hier­die Oos­ter­se kits­kos­pak­kies-op-wie­le be­ne­de jou is, is daar ge­luk­kig iet­sie met meer sub­stan­sie en ge­hal­te, so reg uit die Duitse hart­land. Dis die Au­di Q2, maar voor jy jou hart op hom sit, moet jy twee din­ge weet.

Een is dat daar­die meer­der­waar­dig­heids­ge­voel teen­oor die A­si­a­tie­se me­de­din­gers jou so R100 000 ek­stra uit die sak gaan jaag, en t­wee­dens dat jy da­de­lik gaan moet hoes vir mooi­er wie­le, want Au­di het skyn­baar deur die as­hoop gaan krap vir die in­tree­mo­del se 16 duim­klom­pe.

Die Q2 her­in­ner aan die VW Cross Po­lo – nóg ’n buk­sie wat voor­gee hy kan die Sa­ni­pas laat les op­sê, maar sy ken gaan krap as jy hom tus­sen

die har­de­baard-4x4’s op die sy­paad­jie by jou naas­te win­kel­sen­trum wil pro­beer staan­maak.

Die Au­di be­ïn­druk ver­al met sy ver­moë om ’n be­dui­wel­de eks­vrou na te aap. Die Duitse ver­vaar­di­gers van luuk­se mo­tors is be­rug daar­voor dat hul­le ba­sis­mo­del­le so ka­rig moont­lik toe­rus so­dat jy skool­fonds vir e­nig­iets be­hal­we die mees e­le­men­tê­re luuk­ses moet be­taal.

Dit word dan ge­juk­sta­po­neer met on­weer­staan­ba­re ver­soe­kings op die spys­kaart – so reg uit ’n Ja­mes Bond-fliek.

Dis nou soos on­der meer Au­di se “Vir­tu­al Cock­pit” (sy han­dels­naam vir sy di­gi­ta­le in­stru­men­te) wat ver­stel kan word so­dat die spoed- en toe­re­naald ver­dwyn en met ’n groot, be­we­gen­de GPS-kaart (R30 000) ver­vang word.

Of dat die mo­tor met die druk van ’n knop­pie hom­self pa­ral­lel kan par­keer (R11 850); WiFi-kop­pe­ling vir 8 toe­stel­le (R17 800) bied; of ’n self­stop­funk­sie (ra­dar­ge­ba­seer) het wat die mo­tor self ’n nood­stop sal laat doen sou daar ’n hond of kind voor jou in­hard­loop (R9 890).

Die Q2-reeks be­slaan ’n rits en­jin- en rat­kas­op­sies – ’n een­li­ter, drie­si­lin­der-tur­bo, ’n 1.4-li­ter-vier­si­lin­der-pe­trol en ook’ n twee lit ert u r bo diesel.

Au­di Q2 Au­di se nu­we Q2.

Toyo­ta C­HR Toyo­ta se C­HR.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.