Ag­ter­op ry jy die heel lek­ker­ste

Beeld - - Motorsport -

Ro­ad­trips

Ca­ri­na Joos­te copy­wri­ter­ca­ri­na@gmail.com

Met ’n ge­skuur van ys­ter op ys­ter is ons in eer­ste rat, en dis daar wat ek be­sef dat el­ke plaas­bak­kie­rit sy voor­ste­de­li­ke pas­sa­siers deur die­self­de vuur­doop sit.

’n Rug­wer­wel tref ’n staal­staaf, ’n heup­been die kant­raam­werk of ’n boom­tak vol bla­re tref jou vol in die ge­sig. En dit maak nie saak ag­ter­op hoe­veel bak­kies jy al ge­sit het nie, een van die drie is ’n ge­da­ne saak.

Be­hal­we vir Co­bus, my skool­vriend wat net soos ek nie op ’n plaas groot­ge­word het nie. In ons stu­den­te­dae kon Co­bus dood­lui­ters en staan­de met die een hand ta­bak rol en met die an­der hand ge­sel­sies maak, ter­wyl die plaas­bak­kie ons deur die wil­de stof­paaie en do­ring­bo­me van die Op­pi­kop­pi-mu­siek­fees neem. Be­hal­we vir ’n on­ver­wag­se briek­trap hier en daar, was he­mel­be­sem Co­bus met sy voe­te van lood ’n pi­laar van sta­bi­li­teit.

Maar ’n kron­kel­pad op die rug van ’n vul­kaan is ’n perd van ’n an­der kleur. Deur sink­ga­te en los klip­pe, styl op­draan­des en nou draai­tjies, klou ons han­de spier­wit aan al­les wat vat­plek het.

Ons skom­mel en gly ver­by rye mie­lie­plan­ta­sies wat teen die hel­lings groei en hier en daar hou ’n vo­ël­ver­skrik­ker ’n o­gie oor ’n ry ra­dy­se.

Die Gu­a­te­ma­laan­se tyd­ren­wen­ner met sy co­w­boy­hoed hou aan met klim in eer­ste en twee­de rat, tot­dat sy bak­kie met ’n hik en ’n briek­trap tot stil­stand kom. Sy arm be­duie dat ons hier moet af­klim. Met dooie han­de beur ons die pad oop deur ’n ge­weef­de ma­cramé-pa­troon van tou en staal, en met groot oë en vol har­te staan ons weer langs sy deur.

Die re­ën sak uit en ek haal tak­kies uit my ha­re. “Kan hy vir ons wag?” be­duie hy.

“Nee wat, ons sal som­mer te­rug­stap,” sta­mel ons ge­kneus, ge­luk­kig en vol a­dre­na­lien.

Hy trek sy skou­ers op, en ry al ram­me­len­de weer die mis in. ’n Paar uur la­ter ty­dens ons te­rug­tog hoor ons weer die blik­ke­ri­ge ge­skud van Ju­an se bak­kie.

Hy beur deur die mis, gee ’n vrien­de­li­ke toet en ag­ter­op waai ’n paar toe­ris­te met ’n wil­de glin­ster in hul oë, iets wat net ’n bak­kie son­der ve­ring uit ’n mens kan bring.

Bak­kie ry is mos die lek­ker­ste ry, of hoe?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.