Gr. 1’tjies skryf vir hom brie­we

Beeld - - Voorblad - Han­ti Ot­to

Gr. 1- tot gr. 3-leer­lin­ge aan die La­er­skool T­he­re­sa­park in die noor­de van P­re­to­ria het gis­ter brie­fies ge­skryf vir hul ge­lief­de hoof, wat eer­gis­ter­mid­dag in ’n skie­ton­ge­luk dood is.

Dr. Wil­lie Hen­drikz (59) is nood­lot­tig ge­wond toe hy sy vuur­wa­pen skoon­ge­maak en ’n skoot af­ge­gaan het, het Wil­lie Bos­man, ad­junk­hoof, ge­sê.

Bos­man het nog om 12:30 daar­die dag met sy hoof ge­praat. Om on­ge­veer 14:30 is hy van sy dood in­ge­lig.

Hen­drikz was tuis met siek­te­ver­lof ná ’n oog­o­pe­ra­sie en sou op 10 Mei te­rug­ge­keer het skool toe, het Bos­man ge­sê.

“Dr. Hen­drikz was ’n for­mi­da­be­le man. Hy was die af­ge­lo­pe agt jaar die hoof hier en baie ge­liefd. Sy dood is baie hart­seer,” het Bos­man ge­sê.

Hen­drikz was ook die voor­sit­ter van die la­er­sko­le by die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU) en het on­langs vir die eer­ste keer ou­pa ge­word.

Gis­ter het die swaar taak voor­ge­lê om die on­der­wy­sers en 1 200 leer­lin­ge van sy dood in te lig.

“Die voor­sit­ter van die skool se be­heer­lig­gaam het eers met die on­der­wy­sers ge­praat.

“Toe het ons die klein­tjies, die gr. 1- tot gr. 3-leer­lin­ge, in die saal vertel wat ge­beur het.

“Hul­le kon toe brie­fies vir die hoof skryf en ons het die

Dr. Hen­drikz was ’n for­mi­da­be­le man. Hy was die af­ge­lo­pe agt jaar die hoof hier en baie ge­liefd. Sy dood is baie hart­seer.

skool­lied ge­sing. Daar was ook be­ra­ders vir dié wat dit no­dig ge­had het.

“Daar­na het ons dit op die­self­de ma­nier met die se­ni­or leer­lin­ge han­teer,” het Bos­man ge­sê.

Gis­ter­mid­dag het twee blom­me­tjies op Hen­drikz se im­po­san­te les­se­naar in sy kan­toor voor die leë stoel ge­lê.

Daar was ’n hoop kaart­jies, ge­maak van geel kar­ton.

Som­mi­ges het hart­jies op­ge­te­ken ge­had.

An­der het lang bood­skap­pe

aan ’n ge­lief­de hoof be­vat.

Een het ’n en­gel­tjie voor­op die kaart­jie ge­te­ken en on­der­aan in groot kin­der­li­ke let­ters ge­skryf: “RIP.”

Fa­ce­book-bood­skap­pe aan Hen­drikz se vrou, Ro­nel, en hul kin­ders, Wi­han en Ja­ni­ne, het in­ge­stroom. Die kern van elk­een was die­self­de: dat die skool­hoof se dood ’n groot leem­te laat.

Sy een v­riend, E­ric S­tre­so, het dit só ge­stel: “Wat ’n voor­reg om jou in ons le­we te kon hê!”

Hen­drikz (ag­ter) en sy ge­sin. Van links is Ro­nel, sy vrou, hul kin­ders, Wi­han en Ja­ni­ne, en Leon Roodt, skoon­seun. Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.