Prins P­hi­lip tree ná 70 jaar uit o­pen­baar

Beeld - - Voorblad -

Ná meer as 70 jaar in die o­pen­ba­re oog, 5 000 toe­spra­ke en 22 000 ko­nink­li­ke ge­leent­he­de wat hy op sy eie by­ge­woon het, het die 95-ja­ri­ge prins P­hi­lip, her­tog van E­din­burg, gis­ter sy uit­tre­de uit die o­pen­ba­re le­we aan­ge­kon­dig.

Die aan­kon­di­ging is ge­doen na­dat daar op die in­ter­net ge­gis is dat daar groot fout is toe pa­leis­amp­te­na­re en an­der ko­nink­li­kes on­ver­wags na Bucking­ham-pa­leis ont­bied is.

Prins P­hi­lip word vol­gen­de maand 96 jaar oud, maar is die laas­te paar jaar deur ’n paar ge­sond­heids­pro­ble­me ge­pla.

Sy uit­tre­de word ten vol­le deur ko­nin­gin E­li­za­beth II on­der­steun, sê die pa­leis in ’n ver­kla­ring.

Die ko­nin­gin sal voort­gaan met haar o­pen­ba­re op­tre­des.

Sy het van­te­vo­re ge­sê sy sal haar men­se aan­hou dien tot die dood toe.

Die prins sal af­spra­ke en ver­plig­tin­ge tot in Au­gus­tus na­kom, maar nie nu­we uit­no­di­gings aan­vaar nie.

Dai­ly Mail be­rig hy het ver­le­de jaar 219 amp­te­li­ke ge­leent­he­de by­ge­woon – meer as prins Wil­li­am en sy vrou en prins Har­ry sáám.

Hy sal wel van tyd tot tyd steeds o­pen­ba­re ge­leent­he­de saam met die ko­nin­gin by­woon en kor­re­spon­den­sie han­teer.

Die ko­nink­li­ke eg­paar vier van­jaar ook hul 70ste hu­we­liks­her­den­king.

Prins P­hi­lip

Fo­to: GETTY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.