Dé­jà vu: Bur­ger wil die hor­lo­sie te­rug­draai

Beeld - - Voorblad -

Die Bul­le-sen­ter Bur­ger O­den­daal sal mô­re ’n aan­ge­na­me ge­voel van dé­jà vu kry wan­neer die span op Lof­tus Vers­feld die Cru­sa­ders pak.

Hy het die vo­ri­ge keer toe die Bul­le teen dié Nieu-See­land­se bul­span te staan ge­kom het, nie eens kans ge­had om op sy se­nu­wees te raak nie, vertel die 24-ja­ri­ge O­den­daal.

Hy is in 2015 op kort ken­nis­ge­wing in ken­nis ge­stel dat hy sy Su­per­rug­by-de­buut gaan maak na­dat Jan Ser­fon­tein hom en­ke­le ure voor die af­skop aan die span ont­trek het.

’n Vuur­doop soos min teen die mag­ti­ge Cru­sa­ders. Teen ’n span wat daar­die dag All Blacks soos Is­rael Dagg, Dan Car­ter, Kie­ran Re­ad, Ri­chie M­cCaw en Sam W­hi­te­lock in sy ge­le­de­re ge­had het.

O­den­daal het boon­op des­tyds pas van ’n knie­be­se­ring her­stel en ’n lang ruk nie ge­speel nie.

“Ek sal dit nooit ver­geet nie. Die af­skop was net ná 19:00 en ek het die op­roep rond­om 15:00 ge­kry.

“Ek het was heel­te­mal uit die veld ge­slaan en het da­de­lik my pa ge­bel. Daar was nie tyd om te stres nie.”

O­den­daal het nie op hom laat wag nie en het in die ne­gen­de mi­nuut die Bul­le se eer­ste drie ge­druk.

Die Cru­sa­ders kon daar­die aand nooit die tuis­span se aan­die slag baas raak nie en die Bul­le het uit­ein­de­lik met 31-19 ge­se­ë­vier.

O­den­daal het die Ki­wi’s on­kant be­trap met sy on­ver­skrok­ke spel op die voor­deel­lyn.

“Daar is geen be­ter span om teen te speel nie. Daar­die aand was baie spe­si­aal.

“Die Cru­sa­ders is ’n on­ge­loof­li­ke span, maar ek dink nie dit is on­moont­lik om teen hul­le te se­ë­vier nie.”

Die be­soe­kers is tot dus­ver die e­nig­ste on­oor­won­ne span in die kom­pe­ti­sie en het hul teen­stan­ders al 51 keer on­der die pa­le laat staan.

“Hul­le laat jou skar­rel op die ver­de­di­ging en maak jou moeg.

“Dit gaan vir ons be­lang­rik wees om hul­le so­ver moont­lik in te perk deur te ver­hoed dat hul­le die bal aan­gee.

“Ons sal moet vin­nig op­skiet en toe­sien dat hul­le nie vin­ni­ge be­sit kry nie. Die Cru­sa­ders is ’n span wat jou die he­le tyd aan die raai hou.”

O­den­daal sê die Bul­le wil graag hul on­der­steu­ners te­rug­kry op Lof­tus met ’n s­oor­ge­ly­ke ver­to­ning as wat hul­le in 2015 ge­le­wer het.

“Dit was ’n moei­li­ke be­gin vir ons. Ek dink ons het ’n bie­tjie fo­kus ver­loor en het te veel fou­te be­gaan wat mee­ge­bring het dat ons nie mo­men­tum kon kry nie.

“Ons is oor­ge­haal en ons het be­slis nie ’n ge­brek aan mo­ti­ve­ring nie.”

Bur­ger O­den­daal op die oe­fen­veld in die aan­loop tot mô­re se Su­per­rug­by­krag­me­ting. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.