Bob glo Zim is bes­te ná SA

Beeld - - Nuus -

Zim­bab­we is naas Suid-A­fri­ka die hoogs ont­wik­kel­de land in A­fri­ka, re­ken die land se pre­si­dent, Ro­bert Mu­ga­be.

Hy het gis­ter in ’n pa­neel­be­spre­king van kwes­ba­re sta­te op die Wê­reld E­ko­no­mie­se Forum se A­fri­ka-be­raad in Dur­ban ’n ver­ras­sen­de ver­sky­ning op die ver­hoog ge­maak.

An­der deel­ne­mers was on­der an­de­re die A­me­ri­kaan­se ak­teur Fo­rest W­hi­ta­ker, ’n spesiale vre­des­ge­sant van U­nes­co, en Do­nald Ka­be­ruka, spesiale ge­sant van die A­fri­ka-u­nie se vre­des­fonds.

An­ton du P­les­sis van die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid­stu­dies het ge­sê kor­rup­sie en swak lei­ers dra by tot die ont­wik­ke­ling van wan­kel­ri­ge sta­te in A­fri­ka.

Toe vra hy Mu­ga­be of hy saam­stem dat Zim­bab­we ’n mis­luk­te staat is.

“Dit is nie waar nie,” het Mu­ga­be lag­gend ge­ant­woord.

“Zim­bab­we is die hoogs ont­wik­kel­de land in A­fri­ka, naas SuidA­fri­ka. Ek wil nog sien wat­ter an­der land so hoogs ont­wik­keld is.”

Sy land het 14 u­ni­ver­si­tei­te en ’n ge­let­terd­heids­koers van ho­ër as 90% – die hoog­ste in A­fri­ka.

“Ons het bui­ten­ge­woon groot oes­te, nie net van mie­lies nie, maar ook van ta­bak en baie an­der ge­was­se. Ons is nie ’n arm land nie,” het hy ge­sê.

As e­nig­ie­mand Zim­bab­we kwes­baar wil noem, kan jy ook A­me­ri­ka kwes­baar noem, het hy ge­sê. A­me­ri­ka moes C­hi­na op sy knieë smeek om van sy maat­skap­pye te red, het hy ge­sê ter­wyl som­mi­ge men­se in die ge­hoor ge­lag het.

Vroe­ër het Mu­ga­be hom ook oor “bot­sen­de gods­diens­ti­ge leer­stel­lings” in som­mi­ge A­fri­ka­lan­de uit­ge­laat.

Hy het ge­sê ver­skil­le in Chris­ten-ker­ke lei nie tot ge­weld nie, maar dit lyk of die Isla­mi­tie­se wê­reld glo hoe meer ge­weld jy ge­bruik, hoe gro­ter is die kan­se dat die be­vol­king sal luis­ter.

Daar is in som­mi­ge A­fri­ka­lan­de ’n Mos­lem-teen­woor­dig­heid, “maar god­dank is dit nie ons er­va­ring in die sui­de nie”, het hy by­ge­voeg.

– News24

P­res. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we gis­ter ge­du­ren­de ’n be­spre­king op die Wê­reld E­ko­no­mie­se Forum oor A­fri­ka wat in Dur­ban aan­ge­bied word. Fo­to: ROGAN WARD, REUTERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.