‘Moord­kom­plot’: Po­li­sie ‘leer les­se’

Beeld - - Nuus -

Die waar­ne­men­de hoof van die Val­ke gaan on­der­soek in­stel na waar­om dié e­li­te-on­der­soek­een­heid meer as ses maan­de be­stee het aan ’n ge­hei­me on­der­soek na El­vis Ra­mo­se­bu­di se be­weer­de “staats­greep-moord­kom­plot”.

Lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta is gis­ter in die par­le­ment ge­pe­per met vrae oor die in­te­gri­teit van die Val­ke se on­der­soek na Ra­mo­se­bu­di (33), wat in Sos­han­gu­ve, noord van P­re­to­ria, woon.

“Die Val­ke het nooit ge­sê daar was ’n staats­greep­kom­plot nie,” het Ma­ta­ka­ta ge­sê.

Op 26 A­pril het die Val­ke met groot fan­fa­re aan­ge­kon­dig dat hul­le Ra­mo­se­bu­di in heg­te­nis ge­neem het na­dat “kom­mu­ni­ka­sie­ma­te­ri­aal on­der­skep is oor moont­li­ke sluip­moord­plan­ne” teen p­res. Ja­cob Zu­ma, an­der mi­nis­ters en pro­mi­nen­te sa­ke­lui, soos die Gup­tas en Zu­ma se seun Du­du­za­ne.

Die Val­ke be­weer Ra­mo­se­bu­di is ’n stig­ters­lid van die An­ti-Sta­te Cap­tu­re De­ath S­quad Al­li­an­ce.

Hy is aan­ge­keer toe hy “sken­kers” pro­beer werf het, on­der meer om skerp­skut­ters te kry wat die moor­de sou pleeg.

Hy het glo ver­skeie brie­we aan maat­skap­pye, in­slui­tend Ang­lo A­me­ri­can, ge­stuur om so­wat R140 mil­joen vir die reeks sluip­moor­de in te sa­mel.

By Ra­mo­se­bu­di se ver­sky­ning Dins­dag in die hof is eg­ter aan­ge­kon­dig dat hy nie meer aan­ge­kla word van sa­me­swe­ring tot moord nie, net van aan­hit­sing tot moord.

Ma­ta­ka­ta en lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­hoof, het gis­ter eg­ter ’n an­der deun­tjie oor die be­weer­de sluip­moord­kom­plot ge­sing.

Ma­ta­ka­ta voer aan ’n pri­va­te maat­skap­py het die kwes­sie na die Val­ke ver­wys vir ’n on­der­soek.

“Ons weet nie waar die ge­rug­te van ’n staats­greep­kom­plot van­daan kom nie.”

Die on­der­soek­pro­ses word deur die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag se aan­kla­ers ge­lei. Hul­le be­sluit op wat­ter aan­klag­te ver­dag­tes ver­volg moet word – “nie ons nie”.

Sy sal on­der­soek laat in­stel na wat pre­sies in die Ra­mo­se­bu­di­on­der­soek ge­beur het. “Ons moet dui­de­lik­heid kry.”

P­hahla­ne het ge­sê Ra­mo­se­bu­di gaan vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming ge­stuur word.

“’n Les wat ons uit hier­die voor­val moet leer, is om ons daar­van te weer­hou om ons on­der­soe­ke deur die me­dia te wil doen. Men­se het on­ge­gron­de be­we­rings ge­maak wat net so in die me­dia ge­pu­bli­seer is, maar wat ná die on­der­soek ge­blyk het nie die ge­val te wees nie.”

Vol­gens P­hahla­ne moet die po­li­sie ook leer wat­ter in­lig­ting hul­le aan die me­dia mag gee voor­dat ’n pri­ma fa­cie-saak uit­ge­maak word.

■ Ra­mo­se­bu­di ver­skyn weer van­dag in die hof wan­neer hy aan­soek om borg­tog sal doen.

Vroe­ër is be­rig die aan­kla­er het ge­sê hy sal die aan­soek teen­staan om­dat die staat in­lig­ting het wat daar­op dui dat staats­ge­tui­es se le­we be­dreig kan word as hy op borg­tog vry­ge­laat word.

El­vis Ra­mo­se­bu­di by sy vo­ri­ge hof­ver­sky­ning. Fo­to: KIM LUDBROOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.