Hof­da­tum oor ge­hei­me stem po­si­tief – Ban­tu

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Dit is soos ’n sok­ker­wed­stryd wat met straf­doe­le be­slis moet word, sê Ban­tu Holomisa, UDM-lei­er.

“Die hof se be­sluit gaan fi­naal wees, maar ons sou ten min­ste daar­in ge­slaag het om die pro­bleem tot ’n punt te bring,” het hy gis­ter ge­re­a­geer na­dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof aan­ge­kon­dig het die UDM se hof­aan­soek om LP’s toe te laat om ’n ge­hei­me stem­brief te ge­bruik wan­neer hul­le oor die mo­sie van wan­troue in p­res. Ja­cob Zu­ma stem, sal op 15 Mei aan­ge­hoor word.

Holomisa be­stem­pel die be­sluit as ’n po­si­tie­we ont­wik­ke­ling.

“Ons sien uit daar­na om in die hof aan te voer dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof die reg­te forum is om die saak aan te hoor.”

Die mo­sie, wat aan­vank­lik op 18 A­pril in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ge­de­bat­teer sou word, is uit­ge­stel han­gen­de die hof­uit­spraak.

Die UDM het in sy aan­vank­li­ke hof­stuk­ke aan­ge­voer die Grond­wet be­paal uit­druk­lik dat ’n ge­hei­me stem­brief ge­bruik word wan­neer die pre­si­dent in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) ge­kies word. Daar­om be­hoort die­self­de pro­se­du­re te geld wan­neer hy ge­dwing word om uit daar­die amp te be­dank.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, het in hof­stuk­ke aan­ge­dui sy is nie ge­kant teen die be­gin­sel van ’n ge­hei­me stem­brief wat be­tref ’n mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent nie. Nóg die Grond­wet nóg die NV se re­ëls maak daar­voor voor­sie­ning, voer sy aan.

Zu­ma voer in sy hof­stuk­ke aan ANC-LP’s moet lo­jaal aan die par­ty bly wan­neer hul­le oor so ’n mo­sie stem en dat Holomisa die hof in we­se vra om die meer­der­heids­par­ty se reg­te in die par­le­ment te on­der­myn en die re­ge­ren­de par­ty die voor­deel van sy meer­der­heid­sta­tus te ont­neem.

Die par­le­ment het tot 12 Mei tyd om skrif­te­li­ke voor­leg­gings by die hof in te dien in re­ak­sie op die vier or­ga­ni­sa­sies wat as vrien­de van die hof toe­ge­laat is. Hul­le is die raad vir die be­vor­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se Grond­wet (Ca­sac), die U­nem­ploy­ed Pe­op­le’s Mo­vement, die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid­stu­dies en die S­hosho­lo­za Pro­gres­si­ve Par­ty.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, moe­dig Suid-A­fri­ka­ners op T­wit­ter aan om op dié dag by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof by­een te kom vir die saak. “Oor­win­ning is ver­se­ker. #Zu­maWil­lGo!” lui sy twiet.

Law­son Nai­doo, uit­voe­ren­de di­rek­teur van Ca­sac, sê: “Ons is ge­reed vir die saak.”

Die hof se be­sluit gaan fi­naal wees, maar ons sou ten min­ste daar­in ge­slaag het om die pro­bleem tot ’n punt te bring.

— BAN­TU HOLOMISA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.