‘M­ba­lu­la moet sê oor N­ko­sa­za­na­be­sker­ming’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, sal dalk bin­ne­kort aan die par­le­ment moet ver­dui­de­lik waar­om dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma al ’n maand lank die diens­te van die pre­si­den­si­ë­le be­sker­mings­een­heid (PBE) ge­bruik.

Dla­mi­ni-Zu­ma, ge­we­se voor­sit­ter van die A­fri­ka-U­nie en p­res. Ja­cob Zu­ma se eks­vrou, is tans net ’n lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee, tog ver­ge­sel PBE-le­de haar ter­wyl sy die land saam met die ANC se vrou­e­li­ga en jeug­li­ga deur­kruis om steun te werf om in De­sem­ber tot ANC-pre­si­dent ver­kies te word.

Zak­he­le M­bhe­le, DA-woord­voer­der, het gis­ter ge­sê M­ba­lu­la het nog niks ge­doen om dié re­ë­ling met die PBE te be­ëin­dig nie. Dit kos hon­derd­dui­sen­de ran­de, in­dien nie mil­joe­ne nie, om ’n per­soon te be­skerm wat nie eens ’n o­pen­ba­re amp be­klee nie.

“Sy is maar net ’n ANC-amp­te­naar.” M­bhe­le sê hy gaan aan Fran­cois Beuk­man, voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie, skryf om hom te ver­soek om M­ba­lu­la da­de­lik te ont­bied om voor die ko­mi­tee te ver­skyn.

Hy glo dit is drin­gend om­dat daar el­ke dag ver­de­re kos­te aan­ge­gaan word om ’n ANCamp­te­naar te be­skerm wat nie die be­sker­ming van die PBE ver­dien nie.

M­ba­lu­la moet ver­dui­de­lik waar­om Dla­mi­ni-Zu­ma sul­ke be­sker­ming kry, wie dit ge­mag­tig het en op wat­ter grond­slag dit ge­mag­tig is.

Die DA wag nog vir ant­woor­de van M­ba­lu­la op die “kri­tie­ke par­le­men­tê­re vrae” oor hoe­veel dit be­las­ting­be­ta­lers tot dus­ver ge­kos het.

Die lei­ers van po­li­tie­ke par­tye en an­der or­ga­ni­sa­sies en ook som­mi­ge in re­ge­rings­pos­te kry soms daag­liks drei­ge­men­te, maar hul vei­lig­heid word ge­ïg­no­reer, ter­wyl Dla­mi­ni-Zu­ma “die Rolls-Roy­ce van vei­lig­heids­maat­re­ëls” kry net om­dat sy in die ANC-bin­ne­kring is, sê M­bhe­le.

Hy het ver­wys na Sol­ly Ma­pai­la, twee­de ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP, op wie daar on­langs op ’n Chris Ha­ni-ge­denk­diens ’n vuur­wa­pen ge­rig is.–

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.