Ha­ba­na: ‘Ek le­we nog!’

Beeld - - Nuus - – Ü­gen Vos

Hy is nog spring­le­wen­dig, het die S­pring­bok Bry­an Ha­ba­na gis­ter ge­sê ná ’n fop­nuus­be­rig dat hy in Pa­rys, Frank­ryk, ver­wurg is.

“Daar is blyk­baar ’n ge­rug of fop­nuus­be­rig wat die ron­de doen dat ek dood is, maar soos jul­le al­mal kan sien, is ek heel­te­mal ou­kei,” het Ha­ba­na in ’n T­wit­ter-vi­deo ge­sê.

“Dit gaan goed met my en ek is be­sig om die sui­de van Frank­ryk te ge­niet.”

Hy meen dit is ui­ters kom­mer­wek­kend dat ie­mand iets doen wat ’n “mas­sie­we im­pak” op men­se se le­we kan hê.

“Dit is eint­lik on­ge­loof­lik, maar baie dan­kie aan al­mal wat be­sorg was oor my.

“Soos jul­le kan sien, gaan al­les eg­ter goed.”

Ha­ba­na speel dees­dae vleu­el vir Tou­lon in die Fran­se Top-14-kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.