Ver­voer­diens ver­ras ou­tis­me­ly­er met bus­rit

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

’n Ou­tis­tie­se seun van Ge­or­ge se voor­lief­de vir bus­se van die Go Ge­or­ge-ver­voer­net­werk het hom ’n on­ge­wo­ne bo­nus in die sak ge­bring.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die Ge­or­ge-mu­ni­si­pa­li­teit wy Di­vann Go­li­ath (11) el­ke vrye oom­blik by die huis aan sy eie “bus­net­werk”. Hy bou paaie, te­ken bus­se en te­kens vir bus­hal­tes op kar­ton en knip dit uit, pak toue pas­sa­siers met klip­pies uit en te­ken bus­se op die mu­re van sy ka­mer in sy ou­er­huis.

“Sy ka­mer­mu­re moes al tel­ke­ma­le oor­ge­verf word,” sê sy pa, Da­vid, lui­dens die ver­kla­ring.

Di­vann, ’n leer­ling aan die Car­pe Diem-skool vir kin­ders met bui­ten­ge­wo­ne be­hoef­tes in Ge­or­ge, is nie net ver­sot op die Go Ge­or­ge-bus­se nie, maar die he­le ver­voer­stel­sel, voeg sy pa by.

Toe die Go Ge­or­ge-span van Di­vann se lief­de vir bus­se te ho­re kom, het ’n af­vaar­di­ging hom by sy ou­er­huis met ’n ge­luks­pak­kie ver­ras.

Die pak­kie het on­der meer ’n pak pa­pier, kleur­pot­lo­de, ’n he­le paar kwas­te en twee pot­te poei­er­verf in die groen-en-blou van die Go Ge­or­ge-bus­se be­vat. Hy het ook ’n Go Ge­or­ge-toe­ryg­sak, ’n T-hemp en ’n pet ont­vang.

Die Go Ge­or­ge-span het voorts ’n bus­rit vir Di­vann en sy ou­ers uit­ge­werk. Die rit het be­gin in die woon­buurt Ro­se­da­le, waar die ge­sin woon. Hul­le het ook ’n draai by die nu­we ver­voer­sen­trum in die mid­de­stad ge­maak, is by Blan­co ver­by en het die Gar­den Rou­te-win­kel­sen­trum be­soek.

Vol­gens Di­vann se sus­ter, Ja­ni­que, het haar boe­tie die he­le pad bus­hal­tes met haar sel­foon af­ge­neem. Hy was nie ’n bie­tjie in sy skik met sy ver­ras­sings en uit­stap­pie nie. “Hy het reeds aan­ge­dui dat hy sy ‘bus­net­werk’ gaan uit­brei.”

Di­vann Go­li­ath (11) ten ty­de van ’n rit op ’n bus van die o­pen­ba­re ver­voer­net­werk Go Ge­or­ge. Langs hom sit sy ma, Su­zan­ne, en ag­ter, heel links, sit sy pa, Da­vid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.