Brad Pitt stort sy hart uit

Ak­teur kry nou te­ra­pie ná eg­skei­ding

Beeld - - Nuus -

Hy kon ’n Rus on­der die ta­fel in­drink met wod­ka, sê Brad Pitt (53).

“Ek was op be­roeps­vlak.” Nou drink hy bos­bes­sie­sap en wa­ter en kry te­ra­pie.

Sy eg­skei­ding van An­ge­li­na Jo­lie (41) was ’n ka­ta­li­sa­tor vir ver­an­de­ring, het die ak­teur in ’n on­der­houd met GQ S­ty­le ge­sê.

“Ek kan nie ’n dag se­dert my u­ni­ver­si­teits­dae ont­hou dat ek nie ge­drink of dag­ga ge­rook het nie. Ek is baie ge­luk­kig om klaar te wees daar­mee.

“Ek het al­les be­hal­we drank ge­los toe ons met ’n ge­sin be­gin het, maar selfs in die af­ge­lo­pe jaar was daar din­ge wat ek nie ver­werk het nie en ek het te veel ge­drink.”

Hy en Jo­lie het be­sluit om die pad van “ve­ny­ni­ge haat” ag­ter te laat en wil hul pro­ble­me pri­vaat en op ’n vriend­skap­li­ke ma­nier ver­werk.

“Ek het met te­ra­pie be­gin en ek is dol daar­op,” sê Pitt in die on­der­houd. “Ek moes na twee te­ra­peu­te gaan voor­dat ek die reg­te een ge­vind het.”

Jo­lie se aan­kon­di­ging van hul eg­skei­ding het in Sep­tem­ber ver­le­de jaar skok­gol­we deur Hol­ly­wood ge­stuur. Hul­le is in 2014 ge­troud en het ses kin­ders.

In die bit­ter stryd om toe­sig oor die kin­ders is die moont­lik­heid van kin­der­mis­han­de­ling teen hom on­der­soek om­dat hy sy hu­meur voor van die kin­ders ver­loor het.

Hy is on­skul­dig be­vind en in Ja­nu­a­rie het hul­le in­ge­stem om ’n pri­va­te reg­ter in die eg­skei­ding­saak te ge­bruik.

Pitt sê hy vind nou toe­vlug in kre­a­tie­we werk met sy han­de.

“Ek maak al­les. Ek werk met klei, pleis­ter en hout.

“Ek dink nie reg­tig meer aan my­self as ’n ak­teur nie. Rol­pren­te voel vir my soos ’n goed­koop kort­pad om by my moei­li­ke ge­voe­lens uit te kom en dit werk nie meer nie, ver­al nie as ’n pa nie.”

Brad Pitt

Fo­to: REUTERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.