‘Daar wás ’n aan­val op plaas’

Hof hoor twee is erg be­seer, lê op bak­kie

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba het ag­ter­op ’n wit bak­kie ge­lê. Hul­le was be­wus­te­loos, erg be­seer en het vlak a­sem­ge­haal. Een se kop was op­ge­swel.

Vyf van die ses be­skul­dig­des en nog men­se het na­by die bak­kie rond­ge­staan, het sers. Ger­hard Key­ser gis­ter­mid­dag ge­tuig oor die ge­beu­re op 6 Ja­nu­a­rie 2016 bui­te Pa­rys. Hy was die staat se eer­ste ge­tuie.

Boe­ta van der West­hui­zen (47), sy seun, Loe­die (19), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), kapt. Henk Prins­loo (47) en An­ton Log­gen­berg (50) was op die to­neel. Die ses­de be­skul­dig­de, Cor Log­gen­berg (20), An­ton se seun, was nie daar nie, het Key­ser, ’n lid van die plaas­li­ke po­li­sie, ge­tuig.

Kort na­dat hy daar­die dag om 18:00 met sy skof be­gin het, het ’n pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­py laat weet dat Loe­die van der West­hui­zen sr. op sy plaas Bie­sies­bult aan­ge­rand is, het Key­ser ge­tuig.

Hy en ’n kol­le­ga is daar­heen. Loe­die sr., Boe­ta se pa, het ge­sê hy is deur drie mans aan­ge­val wat geld van hom ge­ëis het.

Key­ser het in kruis­on­der­vra­ging ge­sê dit kan as ’n plaas­aan­val be­skryf word.

Loe­die sr. is vol­gens Key­ser be­slis aan­ge­rand en hy het voor­ge­stel dat hy me­die­se hulp kry, maar hy wou nie dok­ter toe gaan nie.

Adv. Hans de Bruin, vir die be­skul­dig­des, het aan Key­ser ge­sê Loe­die sr. moes eint­lik ste­ke ge­kry het, maar het eers die vol­gen­de dag ’n dok­ter be­soek.

Die Val­ke se on­der­soek­span het ver­le­de jaar in die me­dia be­weer Loe­die sr. is nooit aan­ge­val nie en het hom­self met ’n be­sem­stok be­seer.

Key­ser het ge­tuig hul­le het Loe­die sr. se ver­kla­ring af­ge­neem en toe na die twee­de to­neel, op die plaas Swart­klip, ge­ry. T­jixa en Ju­be­ba was be­wus­te­loos. Key­ser het ’n am­bu­lans ont­bied en die po­li­sie­vang­wa na­der ge­trek om die twee mans oor te laai.

Daar is be­sluit om die am­bu­lans te­ge­moet te ry om­dat die to­neel moei­lik be­reik­baar was en hy kon sien dat die twee mans baie erns­tig be­seer is.

Key­ser het ge­tuig hy het baie ver­sig­tig en sta­dig op die ru­we grond­pad ge­ry tot op ’n plek waar die pad ver­be­ter het.

Hier het die mans nood­be­han­de­ling ont­vang en is hul­le per am­bu­lans na Pa­rys se hos­pi­taal ge­neem.

Hy het la­ter die aand ge­hoor een van die twee mans is na die Pe­lo­no­mi-hos­pi­taal in Bloem­fon­tein oor­ge­plaas.

Adv. Ja­bu­la­ni Mo­lotswa, staats­aan­kla­er, het ge­sê die staat sal ge­tui­es roep wat sal be­ves­tig dat die be­skul­dig­des T­jixa en Ju­be­ba aan­ge­rand het.

Oog­ge­tui­es sal be­ves­tig dat Prins­loo een van die oor­le­de­nes met ’n skok­stok ge­skok het. Die oor­le­de­nes is nat­ge­gooi en ge­skok so­dat hul­le moes sê waar die vuur­wa­pen is wat in die be­weer­de aan­val op Loe­die sr. ge­bruik is, het Mo­lotswa ge­sê.

Boe­ta se huis­wer­ker sal vol­gens hom ge­tuig sy het sy bloed­be­smeer­de kle­re ge­was die dag na­dat T­jixa en Ju­be­ba dood is.

Al ses word van die twee moor­de aan­ge­kla en Boe­ta en Loe­die jr. word ook van regs­ver­y­de­ling be­skul­dig. Hul­le ont­ken skuld.

Cor Log­gen­berg, Loe­die van der West­hui­zen jr. en Mie­la Jan­sen van Vuur­en in die be­skul­dig­de­bank. Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.