Ma, kin­ders bly a­part ná sy glo moord be­plan

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

Pe­ti­na Coet­zee (44) mag nie na haar huis te­rug­keer nie en kan ook nie met haar man, wat sy glo wou laat ver­moor, her­e­nig word nie.

Wil­li­am Booth, haar regs­ver­teen­woor­di­ger, het die land­dros­hof in Wyn­berg, Kaap­stad, ge­vra om haar ter wil­le van haar twee min­der­ja­ri­ge kin­ders toe te laat om te­rug te trek na haar huis in Ke­nil­worth.

Hy het ver­kla­rings van Coet­zee, haar man, Aus­tin (67), ’n dok­ter en ’n maat­skap­li­ke wer­ker in­ge­dien dat dit in die kin­ders se be­lang is dat hul­le met hul ma her­e­nig word.

Coet­zee se borg­tog­voor­waar­des be­paal dat sy geen kon­tak met Aus­tin mag hê nie en nie na­by hul huis in Ke­nil­worth mag kom nie. Sy moet haar ook el­ke Vry­dag tus­sen 08:00 en 18:00 by die El­sies­ri­vier-po­li­sie­kan­toor aan­meld.

Coet­zee wou glo huur­moor­de­naars kry om haar man dood te maak. Sy was glo be­reid om R200 000 in paai­e­men­te te be­taal om­dat sy nie die aan­dag op haar wou ves­tig wan­neer haar man sterf nie.

Sy is in Ok­to­ber 2016 in ’n klop­jag deur die po­li­sie in heg­te­nis ge­neem en la­ter op borg­tog van R30 000 vry­ge­laat.

Land­dros Gool­am Ba­wa het gis­ter in sy uit­spraak ge­sê dit is nie in be­lang van ge­reg­tig­heid om die Coet­zee-eg­paar te her­e­nig nie. “Aus­tin Coet­zee het ge­vra dat hy as staats­ge­tuie ge­skrap word. Sy ver­soek is ge­wei­er. Hy bly ’n staats­ge­tuie.”

Coet­zee se borg­tog­voor­waar­des is wel van 9 tot 12 Mei ver­slap om­dat sy ’n fa­mi­lie­lid se be­graf­nis in Dur­ban wil by­woon.

Pe­ti­na en Aus­tin Coet­zee in ’n ge­luk­ki­ger tyd. Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.