SA ont­ken Dirk Prins­loo se aan­ty­gings oor sy pa­rool

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Suid-A­fri­ka hét re­ë­lings met die o­wer­he­de van Be­la­rus ge­tref dat Dirk Prins­loo gel­di­ge reis­do­ku­men­te sou kry as hy op pa­rool vry­ge­laat word.

Prins­loo se aan­ty­gings dat dit die Suid-A­fri­kaan­se kon­su­laat in Minsk en die am­bas­sa­de in Mo­s­kou se skuld is dat sy aan­soek om pa­rool ge­wei­er is, is nie waar nie, het Nel­son Kg­we­te, woord­voer­der van die de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king, gis­ter op na­vrae ge­ant­woord.

Prins­loo het ver­le­de week be­weer sy aan­soek om vry­la­ting op pa­rool is van die hand ge­wys om­dat hy ’n gel­di­ge pas­poort moes hê voor­dat Be­la­rus hom sou laat gaan.

“My pa­rool­ver­hoor is tot Sep­tem­ber uit­ge­stel om­dat die RSA-kon­su­laat en die RSA-am­bas­sa­de in Mo­s­kou doel­be­wus ver­suim het om my pas­poort na die tronk te stuur.

“Ek en die ge­van­ge­ni­so­wer­heid het by ver­skeie ge­leent­he­de ge­vra dat hul­le my pas­poort stuur om­dat ’n gel­di­ge pas­poort ’n ba­sie­se wet­li­ke ver­eis­te vir ’n per­soon se vry­la­ting uit ’n tronk in Be­la­rus is.

“Die (pa­rool-) kom­mis­sie het dit dui­de­lik ge­maak dat ek wel vry­ge­laat sou word as die pas­poort be­skik­baar was,” voer Prins­loo in ’n brief aan.

Kg­we­te het be­ves­tig dat Prins­loo wel, in­dien hy na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­bring word, ’n gel­di­ge reis­do­ku­ment moet hê. Dit is eg­ter nie waar dat sy pa­rool ge­wei­er is om­dat hy nie ’n pas­poort ge­kry het nie. Die o­wer­he­de in Be­la­rus het glo ge­sê as ’n ge­van­ge­ne nie ’n gel­di­ge pas­poort het nie, sal dit nie keer dat hy vir vry­la­ting op pa­rool aan­be­veel word nie.

“Nie­te­min het die o­wer­he­de wel re­ë­lings ge­tref om Prins­loo by sy vry­la­ting van ’n gel­di­ge reis­do­ku­ment te voor­sien,” sê Kg­we­te.

Suid-A­fri­ka is net in­ge­lig dat die hof in Mo­gil­jof teen Prins­loo se vry­la­ting be­sluit het. Die Suid-A­fri­kaan­se kan­toor in Minsk het die o­wer­he­de in Be­la­rus ge­vra om die re­des vir die reg­ter se be­sluit te gee, sê Kg­we­te.

Prins­loo, wat se­dert Fe­bru­a­rie 2010 ’n von­nis van 13 jaar tronk­straf in Be­la­rus uit­dien, kom se­dert Fe­bru­a­rie vir pa­rool in aan­mer­king.

Re­ë­lings is ge­tref om die voor­ma­li­ge ad­vo­kaat te­rug in Suid-A­fri­ka te kry, want ’n las­brief vir sy in­heg­te­nis­ne­ming is in 2006 in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria uit­ge­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.