Man by­na 20 jaar on­skul­dig in tronk

Beeld - - Nuus - – News24

Lucky S­han­ge, wat by­na 20 jaar ag­ter tra­lies was na­dat hy ver­keer­de­lik aan moord skul­dig be­vind is, sou gis­ter uit ’n Dur­ban­se tronk vry­ge­laat word.

Die ap­pèl­hof in Bloem­fon­tein het Maan­dag be­veel dit moet on­mid­del­lik ge­doen word.

Die be­slis­sing is op ’n teg­nie­se punt ge­grond. Die streek­land­dros wat S­han­ge in 2000 skul­dig be­vind het, het nie as­ses­sors aan­ge­stel om die moord­saak saam met hom aan te hoor nie soos wat die wet ver­eis.

“S­han­ge het deu­ren­tyd vol­ge­hou hy is on­skul­dig,” het sy pro­ku­reur, Zi­ma­ni N­ca­ma, wat in ap­pèl­sa­ke spe­si­a­li­seer en al drie jaar lank aan S­han­ge se saak werk, ge­sê.

S­han­ge is in 1998 in heg­te­nis ge­neem en was in aan­hou­ding ter­wyl hy ver­hoor is. Twee jaar la­ter is hy skul­dig be­vind aan moord, roof en die be­sit van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen. Die aan­klag­te het ver­band ge­hou met die moord op ’n tax­iei­e­naar in Mon­t­clair.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.