Fe­tus uit­ge­sny, lê by ver­moor­de in vlak graf

Beeld - - Nuus -

en

Ni­co­la Pie­naar se buik is oopgesny en ’n fe­tus het by haar in ’n vlak graf ge­lê wat glo vir ’n hond be­doel was.

Dit het gis­ter in die land­dros­hof in die Paarl aan die lig ge­kom in die borg­to­gaan­soek van Jaco Oost­hui­sen (31), wat te­reg­staan op aan­klag van moord op Pie­naar (28), sy vrien­din.

Sy was swan­ger met haar voor­ma­li­ge kê­rel se kind.

Pie­naar is die nag van 5 Ja­nu­a­rie in Oost­hui­sen se slaap­ka­mer in sy ou­er­huis ver­moor, lui ’n ver­kla­ring van ao. Jo­han­nes Be­ster, die on­der­soek­be­amp­te.

Daar was bloed­mer­ke aan die ven­ster­ra­me en mu­re en be­bloe­de kom­ber­se is ag­ter die erf ge­vind.

Oost­hui­sen het brie­we vir Pie­naar se ma ge­los waar­in hy sê hul­le het hul ver­hou­ding ver­breek, lui die ver­kla­ring.

Daar­na is hy met die ma se mo­tor Port E­li­za­beth toe, glo om sy kop te pro­beer skoon kry.

Oost­hui­zen staan te­reg op 11 aan­klag­te, on­der meer van moord, roof, voer­tuig­dief­stal, be­drog, die ver­val­sing van do­ku­men­te en regs­ver­y­de­ling.

Oost­hui­sen sê hy en Pie­naar se ver­hou­ding was “ver­woes­tend en wan­funk­si­o­neel” weens hul af­hank­lik­heid van dwelms.

“Ons het tik, ko­ka­ïen, dag­ga en feit­lik e­ni­ge dwelm wat ons in die han­de kon kry, ge­bruik,” sê hy in sy be­ë­dig­de ver­kla­ring wat by sy borg­to­gaan­soek in­ge­dien is.

Hul jong ver­hou­ding was “pas­sie­vol en storm­ag­tig”.

“On­ge­luk­kig is die po­si­tie­we as­pek­te van ons ver­hou­ding ver­gif­tig deur die pa­ra­noia wat deur daag­lik­se dwelm­ge­bruik ver­oor­saak is.”

Pie­naar was hard­kop­pig, kon­fron­te­rend, het hom ge­reeld aan­ge­val en was be­sit­lik en ja­loers.

Op die aand van haar dood het haar ge­drag “nu­we hoog­tes” be­reik toe sy hom met ’n mes aan­ge­val het.

Vol­gens hom het die on­der­soek­be­amp­te nooit die be­se­rings aan­ge­te­ken wat hy in die “be­dwelm­de woe­de­bui” op­ge­doen het nie.

Die on­der­soek­be­amp­te sê hy het net skra­pe aan sy arms ge­had.

In kruis­on­der­vra­ging het die staats­aan­kla­er, Cat­her­i­ne B­rey­ten­bach, aan Oost­hui­sen ge­sê sy ma het ver­kla­rings by die po­li­sie af­ge­lê waar­in sy vra dat hy nie borg­tog kry nie.

Sy is be­kom­merd dat hy sal vlug, hom­self leed sal aan­doen en dat die min­der­ja­ri­ge kin­ders na wie sy om­sien van haar weg­ge­neem sal word.

“Ek ken hom. Dit is nie dat ek nie om­gee nie, maar om­dat ek pro­beer voor­sorg tref,” het sy in e-pos ge­sê.

Sy ma sê as hy wel borg­tog kry, wil sy nie hê hy moet na sy ou­er­huis te­rug­keer nie, sê B­rey­ten­bach. Sy is glo bang dat die ge­sin hom nie sal kan be­heer nie.

Oost­hui­sen se ou­ers en broer gaan teen hom ge­tuig.

Die hof­ver­rig­tin­ge is tot

18 Mei uit­ge­stel so­dat die al­ter­na­tie­we a­dres wat Oost­hui­sen aan die hof ver­skaf het, be­ves­tig kan word.

B­rey­ten­bach wou weet hoe hy borg­tog sal be­taal, waar­op hy ge­ant­woord het: “Daar is baie ma­nie­re.”

Ni­co­la Pie­naar

Jaco Oost­hui­sen by sy vo­ri­ge ver­sky­ning in die land­dros­hof in die Paarl. Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.