10 000 men­se sal ge­skuif moet word

Fir­ma er­ken ge­bied is e­ko­lo­gies sen­si­tief

Beeld - - Nuus - Elise Tempelhoff

By­na 10 000 men­se sal ver­skuif moet word as Ang­lo O­pe­ra­ti­ons en Ca­nyon Co­al toe­stem­ming kry om ’n mas­sie­we oop­groef­steen­kool­myn oos van Springs te be­gin.

Die ge­bied lê stroom­op van die B­les­bok­spruit by die Aston­meer.

S­te­faans Eras­mus, ’n in­wo­ner, sê as die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne die myn goed­keur, gaan die Ma­rie­va­le-Ram­sar­ge­bied op­droog, pro­duk­tie­we pla­se sal hul pro­duk­sie moet staak en dui­sen­de men­se wat in ’n in­for­me­le ne­der­set­ting woon, sal ver­skuif moet word.

Die om­ge­wings­kon­sul­ta­sie­maat­skap­py Dig­by Wells er­ken dit is ’n e­ko­lo­gies sen­si­tie­we ge­bied.

In sy om­ge­wings­im­pak­ver­slag sê Dig­by Wells die Pal­miet­kui­len-myn sal maan­de­liks 200 000 t steen­kool kan le­wer. Dit is nood­saak­lik om steen­kool te ont­gin om ’n krag­kri­sis te voor­kom, sê hy.

Die myn sal so­wat 201,9 ha (die groot­te van so­wat 400 rug­by­vel­de) be­slaan. Die myn se in­fra­struk­tuur sal vleie ver­nie­tig wat op so­wat 53,3 ha voor­kom en vyf pan­ne sal in die slag bly.

Die myn se leef­tyd word op 53 jaar ge­stel.

P­hi­lip de Ja­ger, regs­ver­teen­woor­di­ger van ’n groot groep men­se wat deur die be­oog­de myn ge­raak sal word, sê die in­wo­ners skop vas en sal nie toe­laat dat Ang­lo met sy plan­ne voort­gaan nie.

Hy skryf in ’n brief aan die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne dit is vreemd dat E­s­kom in die vol­gen­de paar jaar vier krag­sta­sies wil sluit om­dat daar ’n oor­maat krag in die land is. Men­se be­spaar krag en wend hul­le al hoe meer tot so­n­e­ner­gie.

Ma­riet­te Lief­ferink, di­rek­teur van die Fe­de­ra­sie vir ’n Vol­hou­ba­re Om­ge­wing (FVO), wie se hulp die in­wo­ners in­ge­roep het, sê dit sal skok­kend wees as die staat myn­bou­be­dry­wig­he­de toe­laat in ’n ge­bied wat e­ko­lo­gies so waar­de­vol is.

Sy sê die re­ge­ring moet nou reg­uit aan Suid-A­fri­ka­ners sê of hul­le die he­le land “wil laat op­myn”.

P­lei­dooie om e­ko­lo­gies sen­si­tie­we ge­bie­de te vry­waar van myn­bou het die af­ge­lo­pe agt jaar op do­we ore ge­val.

Moe­ket­si Mofo­keng, woord­voer­der van Ang­lo Co­al, sê hy sal la­ter meer be­son­der­he­de ver­skaf van die maat­skap­py se toe­koms­ti­ge steen­kool­be­lan­ge.

Ang­lo het on­langs aan­ge­kon­dig dat hy sy steen­kool­my­ne in Suid-A­fri­ka gaan ver­koop.

Be­lang­heb­ben­des kan tot Maan­dag kom­men­taar op die om­ge­wings­im­pak le­wer. Dit is op Dig­by Wells se web­werf te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.