ISi­man­ga­li­so se hoof oor­see ver­eer vir sy be­wa­rings­werk

Beeld - - Nuus -

Andrew Za­lou­mis, uit­voe­ren­de hoof van die iSi­man­ga­li­so­vlei­land­park, is eer­gis­ter­aand in Frank­furt, Duits­land, deur die KfW-stig­ting ver­eer vir sy voor­tref­li­ke werk in om­ge­wings­be­wa­ring.

Die Ver­e­nig­de Na­sies se kon­ven­sie vir on­der­wys, kul­tuur en we­ten­skap (U­nes­co) het Za­lou­mis vir die eer­be­wys be­noem om­dat hy be­wa­ring na ’n “heel an­der vlak ge­neem het”.

U­nes­co glo Za­lou­mis doen

grond­ver­skui­wen­de werk in een van die ge­bie­de met die groot­ste bi­o­di­ver­si­teit, maar ook die groot­ste ar­moe­de ter wê­reld, sê iSi­man­ga­li­so in ’n ver­kla­ring.

Za­lou­mis is ver­eer om­dat men­se sen­traal staan in sy be­wa­rings­werk.

Dr. Fan­ny Dou­ve­re, ko­ör­di­neer­der van U­nes­co se ma­rie­ne pro­gram, sê in ’n ge­skre­we toe­spraak Za­lou­mis in­spi­reer die jeug van iSi­man­ga­li­so en sy amps­ge­no­te oor die wê­reld heen met sy be­na­de­ring tot be­wa­ring.

Za­lou­mis is ver­al ge­loof om­dat hy groot e­ko­stel­sels re­ha­bi­li­teer en “le­we daar­heen te­rug­bring”.

On­der Za­lou­mis se be­stuur het iSi­man­ga­li­so Suid-A­fri­ka se eer­ste U­nes­co-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied ge­word.

Vir Za­lou­mis be­staan daar nie so iets soos “mis­luk­king” nie, het sy kol­le­gas gis­ter ge­sê. – Elise Tempelhoff

Andrew Za­lou­mis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.