R2,5 m. per maand vir niks­doen

Beeld - - Nuus - Elise Tempelhoff

Die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie skuld die Re­ser­we­bank, Suid-A­fri­ka se wa­ter­ra­de en kon­trak­teurs meer as R4,938 mil­jard.

Dit blyk uit ’n vraag wat Leon Bas­son, DA-woord­voer­der oor wa­ter en sa­ni­ta­sie, Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, ge­vra het.

Uit die skrif­te­li­ke ant­woor­de oor die fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing waar­in die de­par­te­ment hom be­vind, blyk dit boon­op dat 53 werk­ne­mers van die de­par­te­ment – wat ver­on­der­stel was om aan die Clan­wil­li­am­dam-pro­jek te werk – se­dert Sep­tem­ber ver­le­de jaar tuis sit, maar nog­tans ’n sa­la­ris ver­dien.

Dit kos die de­par­te­ment maan­de­liks R2,509 mil­joen om dié wer­kers in hul pos­te te hou. Hul­le woon in huur­hui­se in die om­ge­wing van Clan­wil­li­am en Lam­berts­baai.

Bas­son sê die pro­jek het in 2015 be­gin toe die de­par­te­ment se eie dam­bou­een­heid met die voor­be­rei­ding van die ter­rein be­gin het.

Mo­ko­ny­a­ne het die pro­jek be­gin ver­le­de jaar ge­staak so­dat ten­ders aan­ge­vra kon word.

Se­dert Sep­tem­ber ver­le­de jaar meld die per­so­neel sog­gens vir werk aan en gaan dan on­mid­del­lik te­rug huis toe.

Vol­gens Bas­son het die ten­ders vir die pro­jek reeds ge­sluit, maar nie­mand is glo nog daar­voor oor­weeg nie.

Die aan­stel­ling kan met nog ’n jaar ver­traag word, sê Bas­son. Die kos­te van die pro­jek, om die dam­wal met 13 m te ver­hoog, sou aan­vank­lik R2,055 mil­jard be­loop het.

“Die DA is be­vrees dat die kos­te van die pro­jek om die dam­wal te ver­hoog nou reeds meer as R3 mil­jard kan be­loop, ver­al nou­dat Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie­se be­leg­gings­waar­de tot rom­mel­sta­tus af­ge­gra­deer is,” sê Bas­son.

Amp­te­na­re in die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie sal bin­ne­kort voor die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor wa­ter en sa­ni­ta­sie moet ge­tuig oor die de­par­te­ment se fi­nan­si­ë­le si­tu­a­sie.

Die DA is be­vrees dat die kos­te van die pro­jek om die dam­wal te ver­hoog nou reeds meer as R3 mil­jard kan be­loop, ver­al nou­dat Suid­A­fri­ka se e­ko­no­mie­se be­leg­gings­waar­de tot rom­mel­sta­tus af­ge­gra­deer is.

— LEON BAS­SON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.