Reg­ter in ras­storm be­dank

‘Jan­sen wou haar kant van saak stel’

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Kol­le­gas van Ma­bel Jan­sen was gis­ter oor­bluf deur haar skie­li­ke be­dan­king as reg­ter en het nie ant­woor­de ge­had oor waar­om sy dié be­sluit ge­neem het nie.

“Sy was nog al­tyd ’n veg­ter en wou graag haar kant van die saak stel,” sê een kol­le­ga, wat nou saam met Jan­sen ge­werk het.

Jan­sen is ver­le­de jaar op spesiale ver­lof ge­plaas na­dat uit­trek­sels uit kor­re­spon­den­sie met die joer­na­lis Gil­li­an S­chut­te op die lap­pe ge­kom het waar­in sy ver­krag­ting en groeps­ver­krag­ting as “deel van die swart kul­tuur” be­stem­pel.

“Die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie het haar des­tyds ge­muil­band en sy kon ge­volg­lik tot nou toe nie met die me­dia daar­oor ge­praat het nie,” het die kol­le­ga ná Jan­sen se aan­kon­di­ging ge­sê.

Hy het ’n lang pro­fes­si­o­ne­le ver­hou­ding met Jan­sen ge­had en ge­vra dat sy i­den­ti­teit om per­soon­li­ke re­des weer­hou word.

“Ek pro­beer haar self nog heel­dag kon­tak om uit te vind of dit waar is, maar suk­kel om haar in die han­de te kry.”

Jan­sen het nie gis­ter op op­roe­pe of bood­skap­pe ge­re­a­geer nie.

’n Tug­pro­ses het haar in die ge­sig ge­staar weens haar uit­la­tings.

“Ek moet nog ’n swart mei­sie ont­moet wat nie ver­krag is teen die tyd dat sy om­trent 12 was nie. Ek is dood­erns­tig,” het sy in die kor­re­spon­den­sie met S­chut­te ge­sê.

Nog kom­men­taar was: “In hul kul­tuur is ’n vrou daar om hul­le ple­sier te gee. Punt. Dit word as ’n ab­so­lu­te reg ge­sien en ’n vrou se toe­stem­ming is nie no­dig nie.”

Jan­sen het in Ju­nie ver­le­de jaar op T­wit­ter teen S­chut­te uit­ge­vaar en ge­sê: “S­chut­te het ge­weet die si­tu­a­sie is soos ’n droë ras­seton­tel­doos en sy het op­set­lik die vuur­hout­jie ge­trek.”

S­chut­te se sel­foon was gis­ter af­ge­ska­kel.

C.P. Fou­rie, woord­voer­der van die RDK, het gis­ter ge­sê die be­sluit rus op Jan­sen se ge­we­te en hy kan nie kom­men­taar le­wer oor waar­om sy die be­sluit ge­neem het nie.

Hy sê hy twy­fel of die tug­pro­ses teen Jan­sen sal kan voort­gaan.

“Al wat ek nou kan sê, is dat ek wel kan be­ves­tig dat Jan­sen haar be­dan­king in­ge­dien het. Die RDK was in die pro­ses om die no­di­ge pro­se­du­res oor die kwes­sie te volg, maar dit lyk of din­ge nou ver­an­der het.”

Vol­gens Mt­hun­zi M­ha­ga, woord­voer­der van die de­par­te­ment van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, het Jan­sen haar be­dan­king skrif­te­lik aan p­res. Ja­cob Zu­ma en adv. Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, oor­ge­dra.

“Mi­nis­ter Ma­su­tha het ont­vangs van die brief er­ken en haar vir haar waar­de­vol­le diens be­dank. Die brief word vir die pre­si­dent se aan­dag ver­werk,” sê M­ha­ga in ’n ver­kla­ring.

Ma­bel Jan­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.