SAUK se raad, SOE by­een oor on­der­soek

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die spesiale on­der­soek­een­heid (SOE) ver­ga­der Maan­dag met die tus­sen­tyd­se raad van die SAUK oor die fo­ren­sie­se on­der­soe­ke wat die par­le­men­tê­re ad hoc-ko­mi­tee aan­be­veel het.

Adv. An­dy Mo­thi­bi, hoof van die een­heid, het gis­ter aan LP’s ge­sê die een­heid gaan op grond van dié ont­moe­ting ’n mo­ti­ve­ring aan p­res. Ja­cob Zu­ma stuur om ’n pro­kla­ma­sie vir die on­der­soek uit te reik.

Die ad hoc-ko­mi­tee het on­der meer fo­ren­sie­se on­der­soe­ke na ver­al se­ke­re kon­trak­te aan­be­veel.

“Ons het be­sef ons kan die raad by­staan om­dat ons man­daat ook is om fo­ren­sie­se on­der­soe­ke te doen. Ons vi­sie is om die voor­keur­staats­ver­skaf­fer van fo­ren­sie­se on­der­soe­ke te wees, so ons wil graag staats­in­stel­lings na­der om hul­le by te staan.”

Die SOE het ’n voor­leg­ging van sy be­gro­ting en jaar­lik­se pres­ta­sie­plan aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor jus­ti­sie ge­doen.

LP’s wou on­der meer weet wat­ter stap­pe die een­heid doen as hy be­wus word van kwes­sies wat ’n on­der­soek ver­eis en of hy uit sy eie staats­de­par­te­men­te na­der.

“Ja, ons na­der staats­de­par­te­men­te op ons eie. Ons het reeds voor­val­le ge­had waar ons staats­in­stel­lings pro­ak­tief ge­na­der het. Ons het re­sul­ta­te ge­sien.”

Die een­heid kry ook ver­wy­sings vir on­der­soe­ke van die staats­de­par­te­men­te en fluit­jie­bla­sers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.