O­proer in Vu­wa­ni: Ko­ning, JZ praat

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na, die Ven­da-ko­ning, het van­dees­week met p­res. Ja­cob Zu­ma ver­ga­der oor die voort­sle­pen­de on­min oor mu­ni­si­pa­le gren­se in Vu­wa­ni.

Die ver­ga­de­ring is glo op ver­soek van Ra­ma­bu­la­na in P­re­to­ria ge­hou.

In­wo­ners van Vu­wa­ni hou steeds ’n weg­bly­ak­sie en kin­ders kan nie skool toe gaan nie. Geen o­pen­ba­re ver­voer, bus­se en taxi’s in­ge­sluit, word in die uit­ge­strek­te ge­bied so­wat 170 km noord­oos van Po­lo­kwa­ne toe­ge­laat nie.

Tra­di­si­o­ne­le lei­ers en in­wo­ners wei­er om deel van die Lim345-mu­ni­si­pa­li­teit te wees wat Vu­wa­ni en Ma­la­mu­le­le in­sluit. Hul­le wil steeds by die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt in­ge­sluit wees.

S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Lim­po­po, het eer­gis­ter­aand op T­wit­ter ge­sê: “Ons is baie po­si­tief oor Vu­wa­ni.”

Ken­ny Ma­thi­vha, Mat­ha­ba­tha se woord­voer­der, en P­hu­ti Se­lo­ba, woord­voer­der van die pro­vin­si­a­le re­ge­ring, sê hul­le sal van van­dag af in Vu­wa­ni wees.

Die SAUK be­rig Zu­ma sal Vu­wa­ni oor­mô­re be­soek.

N­so­vo Sam­bo, woord­voer­der van die pro-Mak­ha­do-af­ba­ke­nings­raad, sê in ’n ver­kla­ring die op­tog wat vir van­dag na die V­hem­be-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit in T­ho­hoy­an­dou be­plan is, is ná die ver­ga­de­ring tus­sen Ra­ma­bu­la­na en Zu­ma af­ge­las.

“Ons glo die uit­slag van die ver­ga­de­ring gaan po­si­tie­we ver­an­de­ring te­weeg­bring,” sê Sam­bo.

Ge­weld het twee we­ke ge­le­de weer in Vu­wa­ni uit­ge­breek en mo­tors is met klip­pe be­stook.

Ver­le­de jaar is daar ver­al in die Vy­e­boom-ge­bied ver­woes­ting ge­saai toe meer as 20 sko­le af­ge­brand is.

In­wo­ners is ge­grief om­dat die Mu­ni­si­pa­le Af­ba­ke­nings­raad ver­le­de maand be­slis het dat daar nie voor 2019 se ver­kie­sing aan e­ni­ge mu­ni­si­pa­le gren­se ver­an­der sal word nie.

Die Lim­po­po-re­ge­ring het ná et­li­ke ver­ga­de­rings met ver­skeie tra­di­si­o­ne­le lei­ers van Vu­wa­ni die MAR ge­vra om sy be­sluit te her­oor­weeg om Vu­wa­ni by die Lim345-mu­ni­si­pa­li­teit in te sluit.

Ko­ning To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na

Fo­to: LUCKY NXUMALO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.