Werk­ge­wers wat er­va­ring vra, skep pro­bleem – Hlau­di

Beeld - - Nuus -

Maat­skap­pye wat men­se met on­der­vin­ding wil aan­stel, is die re­de waar­om stu­den­te nie werk kry nie en is ver­ant­woor­de­lik vir die pro­ble­me wat in die land be­staan.

So meen Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof van die SAUK.

Mot­soe­neng het gis­ter op die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie (TUT) se Sos­han­gu­veSuid-kam­pus met stu­den­te oor e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie ge­praat.

Hy meen as maat­skap­pye doen soos wat die SAUK ge­doen het en hul in­terns per­ma­nen­te pos­te gee so­dra hul graad­stu­die of in­tern­skap af­ge­han­del is, sal die land in ’n baie be­ter toe­stand wees.

“Ou­ers suk­kel om geld te kry om te be­taal so­dat hul kin­ders ’n graad kan kry. So­dra die stu­dent klaar­maak, gaan sit hy by die huis son­der werk. Nou is daar al hoe meer ar­moe­de in die huis.”

Hy sê men­se wat dit kan be­kos­tig, moe­nie net vir hul eie kin­ders se stu­die be­taal nie, maar ook vir an­der s’n.

“Stu­den­te be­toog el­ke jaar vir gra­tis on­der­rig, maar niks ge­beur nie. On­der­rig moet men­se van die land saam­bring. Ons moet al ons stu­den­te on­der­steun.”

Mot­soe­neng sê hy weet hy is nie p­res. Ja­cob Zu­ma se guns­te­ling­mens nie, maar hul­le staan saam oor die kwes­sie van e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie.

“Men­se hou daar­van om te sê ek hou nie van on­der­wys nie. Hul­le is al­mal mal. Ek glo sterk dat ’n na­sie wat goed on­der­rig is die wê­reld kan ver­an­der. Ek het dus be­sluit om uit my eie sak vir ’n paar stu­den­te se stu­die te be­taal,” sê hy.

Hy vra dat die pri­va­te sek­tor moet sorg dat ge­gra­du­eer­des werk kry.

Hy het al­le in­terns by die SAUK vas­te pos­te ge­gee, want “nie­mand is met er­va­ring ge­bo­re nie”.

“Dit is nie ge­noeg om teen klas­geld te be­toog nie. Jul­le moet ook be­toog dat die pri­va­te sek­tor in jul­le be­lê,” het hy aan die stu­den­te ge­sê.

“As jy gra­tis klas kry, maar jou boe­ke kos meer as R1 500, waar gaan jy die geld kry? Die pri­va­te sek­tor moet daar­voor voor­sie­ning maak, ver­al vir u­ni­ver­si­tei­te in die towns­hips soos dié.

“Wie het ge­sê jul­le kan nie re­geer nie? Wie het ge­sê jul­le kan dit nie doen nie? Ons moet leer om me­kaar te ver­trou om die land be­ter en ster­ker te maak.”

Mot­soe­neng maan die stu­den­te om nie ge­boue af te brand of te ver­nie­tig nie.

“Jul kin­ders het die ge­boue no­dig. Veg, ja. Maar moe­nie af­breek en af­brand nie.”

Hlau­di Mot­soe­neng Fo­to: FE­LIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.