Skool spe­si­a­li­seer in lug­vaart

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die R­ho­des­field Techni­cal High S­chool in Kemp­ton Park sal eers­daags in ’n in­ge­ni­eur­skool met lug­vaart as fo­kus om­ge­ska­kel word.

Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, het gis­ter meer lig ge­werp op ’n vlug­ti­ge stel­ling van Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, ver­le­de week op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie dat leer­lin­ge in Gau­teng eers­daags by ’n skool sal kan leer vlieg.

Die R­ho­des­field Techni­cal High S­chool is baie na aan die O.R. Tam­bo-lug­ha­we en ’n nu­we skool sal dus nie ge­bou word nie.

Die skool sal ná sy om­ska­ke­ling ook ven­noot­skap­pe aan­gaan so­dat leer­lin­ge die ge­leent­heid kry om vlie­ë­niers te word, sê Bo­di­be.

Vol­gens hom sal die de­par­te­ment lug­vaart­ken­ners kry om lug­vaart­te­o­rie op te stel wat nie in die kur­ri­ku­lum is nie.

“Leer­lin­ge sal ook ge­reeld op uit­stap­pies na die lug­ha­we gaan en met ken­ners praat.”

Hy sê daar is nie in dié sta­di­um lug­vaart­vak­ke in die skool­kur­ri­ku­lum nie, maar die “in­ge­ni­eurs­vak­ke, soos me­ga­nie­se in­ge­ni­eurs­we­se, sal vir eers die no­di­ge vak­ken­nis oor lug­vaart oor­dra”.

Die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment sê hy gaan al hoe meer fo­kus­sko­le tot stand bring.

“Die doel om die boon­ste 20% van leer­lin­ge te i­den­ti­fi­seer en te ont­wik­kel, ver­al leer­lin­ge uit e­ko­no­mies be­na­deel­de ge­meen­skap­pe met die ta­lent, aan­leg en po­ten­si­aal om in rig­tings soos in­ge­ni­eurs­we­se, wis­kun­de, we­ten­skap, han­del en en­tre­pre­neur­skap, uit­voe­ren­de en skep­pen­de kuns en s­port te spe­si­a­li­seer.”

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, het ook vroe­ër van­jaar ge­sê die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys sal al hoe meer op fo­kus­sko­le be­gin kon­sen­treer.

Leer­lin­ge sal ook ge­reeld op uit­stap­pies na die lug­ha­we gaan en met ken­ners praat.

— OU­PA BO­DI­BE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.