Gau­teng al half­pad met ’18 se re­gis­tra­sie

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment het teen eer­gis­ter 190 000 aan­lyn aan­soe­ke om plek in sko­le vir vol­gen­de jaar ver­werk.

“Ons het in die eer­ste drie dae die half­pad­merk van die ver­wag­te 350 000 aan­soe­ke be­reik,” sê Ou­pa Bo­di­be, woord­voer­der van die de­par­te­ment.

Die aan­soe­ke het Maan­dag ge­o­pen en die de­par­te­ment ver­werk ge­mid­deld meer as 60 000 aan­soe­ke per dag.

Die aan­soe­ke is vir al­le leer­lin­ge wat vol­gen­de jaar in gr. 1 of gr. 8 gaan wees.

Hy sê die stel­sel han­teer die ver­keer op die web­werf goed.

“Ons het wel be­sef daar is ver­war­ring oor die in­ter­pre­ta­sie van die wag­lys­sim­bo­le.”

Hy sê daar is drie wag­lys­sim­bo­le:

■ WA – Die ou­er kwa­li­fi­seer in­ge­vol­ge die re­gu­la­sies;

■ WB – Die ou­er kwa­li­fi­seer nie en moet aan­soek doen by ’n skool waar die wag­lys­sim­bool WA sal wees; en

■ WAB – Die a­dres wat die ou­er ver­skaf het, kon nie ge­ve­ri­fi­eer word nie. Dit sal by die skool ge­doen word wan­neer die ou­er die no­di­ge do­ku­men­te in­dien.

Bo­di­be her­in­ner ou­ers daar­aan dat hul­le die vol­gen­de do­ku­men­te bin­ne se­we dae na­dat hul­le aan­lyn aan­soek ge­doen het by die skool moet in­dien:

■ Af­skrif­te van die ou­er of voog se ID-do­ku­ment;

■ Die leer­ling se ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat;

■ Die jong­ste skool­rap­port;

■ Be­wys van woon- of werk­a­dres;

■ Im­mu­ni­sa­sie­kaart (vir gr. 1leer­lin­ge);

■ Be­wys van voog­dy­skap, in­dien dit nie die bi­o­lo­gie­se ou­ers is wat aan­soek doen nie; en

■ Die ou­er of voog se pas­poort of ’n a­sielaan­soek­per­mit vir bui­te­lan­ders.

Aan­soe­ke sluit op 12 Ju­nie mid­der­nag. Daar sal dan op 24 Ju­lie be­gin word om leer­lin­ge te plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.