Kin­der­huis­mei­sies ‘mis­han­del’

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Drie mei­sies by ’n kin­der­huis in Ve­ree­ni­ging be­weer hul versorgers vloek en slaan die jong in­wo­ners en sleep hul­le aan die ha­re rond.

In ’n vi­deo wat op Fa­ce­book ge­plaas is, sê hul­le hul­le het die vo­ri­ge aand bui­te ge­slaap en nie kos ge­kry nie. ’n Vrou wat op die ag­ter­grond ge­hoor kan word, sê hul­le moet vertel wat in die kin­der­huis aan­gaan.

“Die tan­nie het ge­wei­er dat ons in die huis gaan en as die (an­der) kin­ders vir ons kos deur die tra­lies pro­beer gee, word hul­le ge­straf,” sê hul­le.

Die pot­te waar­in hul kos ge­maak word, is vuil en hul­le kry mie­re, kak­ker­lak­ke, staal­wol “en al­les” in die kos.

Da­nie Kru­ger, be­stuur­der van die kin­der­huis, sê die klag­tes is by die Gau­teng­se de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling aan­ge­meld.

“Die de­par­te­ment is ge­vra om ’n on­af­hank­li­ke on­der­soek te doen waar­by le­de van die ad­vies­raad van die sen­trum be­trek sal word.”

Hy sê die kin­der­huis vra die pu­bliek om die vi­deo nie ver­der te ver­sprei nie. “Ons be­skou die vi­deo as las­ter­lik en win regs­ad­vies in.”

M­bang­wa Xa­ba, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê maat­skap­li­ke wer­kers sou gis­ter ’n voor­lo­pi­ge ver­slag uit­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.