Kos­tuums, kre­a­ti­wi­teit en klank in ‘P­ris­cil­la’ slaan die a­sem weg

Beeld - - Vrydag - Teré­sa Coet­zee

Ek was 1992 ab­so­luut mal oor die fliek P­ris­cil­la Queen of the De­sert en toe dit die eer­ste keer in 2006 in Aus­tra­lië op die plan­ke ge­bring is, het ek heim­lik ge­wens dat ek een­dag die voor­reg sal hê om dit as ver­hoog­stuk te be­leef.

Se­dert­dien het hier­die stuk wê­reld­wyd op­slae ge­maak en uit­ein­de­lik is dit nou hier by Mon­te­ca­si­no se Te­a­tro op die plan­ke.

P­ris­cil­la Queen of the De­sert vertel die mee­le­wen­de sto­rie van drie fop­dos­sers wat deur die woes­tyn reis om ’n ver­to­ning by ’n dob­bel­huis te gaan le­wer. Daar is so iets van ’n lag met ’n traan in die sto­rie­lyn.

Die drie hoof­ka­rak­ters is in een woord bril­jant. Da­vid Den­nis (Ber­na­det­te), Da­niel Buys (Mit­zi/Tick) en P­hil­lip S­chnet­ler (Fe­li­cia/A­dam) laat mans en vroue swy­mel en selfs Ja­mes Borthwick kruip diep in mens se hart met sy rol as Bob.

Bui­ten die heer­li­ke sto­rie­lyn en die bril­jan­te ver­tol­king van die ka­rak­ters, is dit ’n a­sem­ro­wen­de ex­tra­va­gan­za van kleur en klank.

My a­sem is let­ter­lik vir meer as ’n uur lank weg­ge­slaan deur die kleur­vol­le kos­tuums, die kre­a­tie­we haar­stuk­ke en hoe­de, die skoe­ne en na­tuur­lik . . . die musiek.

’n Mens se voe­te kan nie help om self jeu­ke­rig te raak op die maat van “I will Sur­vi­ve”, “Hot S­tuff”, “Fi­nal­ly”, “Boog­ie Won­der­land”, “Go West”, “Gi­rls Just Wan­na Ha­ve Fun” en “I Lo­ve the Nig­ht­li­fe” nie.

Een van die lek­ker­ste ver­ras­sings in die ver­to­ning is be­slis wan­neer die The Voi­ce-fi­na­lis en s­ter T­hem­be­ka Mn­gu­ni soos ’n en­gel uit die lug ver­skyn.

Sy is een van die drie di­va’s wat die mu­si­ka­le sy van hier­die stuk vol­maak af­rond.

As daar een ver­hoog­stuk is wat jy van­jaar kan gaan kyk, is dit dié een.

Dit is ’n on­ver­geet­li­ke skou­spel wat jou laat be­sef ons Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars hoef nie vir een oom­blik te­rug te staan vir hul oor­se­se e­we­knieë nie.

■ P­ris­cil­la Queen of the De­sert is tot Son­dag, 18 Ju­nie in die Te­a­tro by Mon­te­ca­si­no te sien. Pry­se wis­sel van R250 tot R500 per per­soon en be­spre­kings kan by Com­pu­tic­ket ge­doen word.

Can­di­da Mo­so­ma, T­hem­be­ka Mn­gu­ni en Lon­di­we D­ho­lo­mo, die drie di­va’s in P­ris­cil­la Queen of the De­sert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.