Herfs kom nou so gou in ons ver­hou­dings

Beeld - - Kommentaar - Volg P­ri­ce op T­wit­ter by @i­vor­pri­ce.

Ons staan a­dem­loos in die re­ën in die mid­del van Lang­straat, Kaap­stad. El­ke nou en dan pro­beer ’n on­ge­dul­di­ge me­ter­tax­i­be­stuur­der ons met sy toe­ter weg­blaas, maar ons is min ge­spin. Vir ’n oom­blik – vir hier­die oom­blik – is dit net die twee van ons.

Die taxi’s se toet-toet-toet klink na­der­hand ver in die ag­ter­grond, al is dit hier vlak by ons voe­te. Ons staan op die mid­del­man­ne­tjie, moont­lik voor die ein­de van nog ’n sei­soen in ons le­we. Maar die ein­de van herfs be­te­ken nie dat daar nie weer ’n len­te sal wees nie, of hoe?

La­ter, toe ons tot ver­haal kom, gaan sit ons in ’n na­by­ge­leë kof­fie­win­kel. Van die an­der kli­ën­te lyk as­of hul­le al ’n paar bie­re ag­ter die blad het. Hul stem­me is ver­hef. Uit­bun­dig. Hul­le lyk ge­luk­ki­ger as die twee van ons. Mis­kien steek hul­le net hul be­kom­mer­nis­se goed weg. “Kan dit al 12:00 wees?” sê ek.

Kyk, daar gaan die Boeing.

Toe die kel­ner op­laas ons kof­fie bring, skraap ons die moed by­me­kaar om te be­gin praat. Nie oor die din­ge wat eint­lik ge­sê be­hoort te word nie, maar ge­noeg om die vuur aan die brand te hou.

Wat is dit met dié ver­dom­de weer in die Kaap? Hoe laat moet ons ry om be­tyds by die lug­ha­we te wees? Het jy ge­sien dit lyk of Ta­fel­berg na sy a­sem snak in die re­ën?

Op die lug­ha­we hou ons van die paar­tjies dop wat ook op hul on­der­skeie vlug­te wag. Van hul­le vlieg in tan­dem, moei­te­loos soos men­se wat al de­ka­des lank saans saam in die bed klim. Hul­le vol­tooi me­kaar se sin­ne. Hul­le lag. Dit lyk of hul­le 30, 40 jaar saam is en steeds nie uit­ge­kui­er is met me­kaar nie.

An­der – oog­lo­pend dié wat jon­ger is, van my ge­slag – lyk of hul­le suk­kel om in me­kaar se teen­woor­dig­heid a­sem te haal. Dit is dui­de­lik dat hul­le me­kaar eer­der ver­dra as dra. Hul­le lyk ge­ïr­ri­teerd, so as­of hul­le eint­lik heim­lik wens dat hul­le se­blief tog net nie langs me­kaar op die­self­de vlieg­tuig moet op­ein­dig nie.

La­ter won­der ons hoe­kom ver­al jon­ger paar­tjies dees­dae so gou die “de­le­te”-knop­pie op me­kaar druk? Is die lief­de dan nie meer ver­on­der­stel om har­de be­ne te kou nie? Wat het ge­word van die lief­de wat ver­on­der­stel is om se­we sak­ke sout saam op te eet?

Ons dink aan al die men­se in ons bin­ne­kring wat die laas­te tyd be­sluit het ge­noeg is ge­noeg – om nie eens te praat van die on­langs ge­trou­des wat al klaar van skei be­gin praat nie. Van hul­le be­taal nog aan die trou­s­kuld dan is hul­le reeds be­sig om die be­sit­tings te ver­deel.

Hul­le spring van die een ver­hou­ding na die an­der – soos sel­foon­kon­trak­te wat el­ke paar maan­de op­ge­gra­deer moet word. Die een groot ver­skil is dat ’n mens nooit reg­tig iets be­ters ge­waar­borg is nie.

Ons haas­ti­ge le­wen­styl weer­spie­ël toe­ne­mend in ons ver­hou­dings – en ons is bang. Bang vir al­leen­wees, maar selfs ban­ger vir ab­so­lu­te toe­wy­ding.

Ons staan op die mid­del­man­ne­tjie – moont­lik voor die ein­de van nog ’n sei­soen in ons le­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.