Ka­rel S­choe­man on­ge­woon in die le­we en in dood

Beeld - - Kommentaar -

‘Ek gaan die don­ker te­ge­moet . . .

“Ek reis na die on­be­ken­de, maar wat ek een­maal be­sit het, kan nooit weer ver­lo­re gaan nie.”

Dié woor­de van Ka­rel S­choe­man toe hy in 1976 ná tien jaar in die bui­te­land te­rug­ge­keer het na Suid-A­fri­ka, eg­go die laas­te week op ’n v­reem­de ma­nier op­nuut deur die land.

Dié eg­go, dié rim­pe­ling, met sy ont­staan in die uit­ge­strek­te vlak­tes en die land­skap van die Vry­staat, strek ver deur die A­fri­kaan­se land­skap tot ein­ders wat ons waar­skyn­lik van­dag nie na be­ho­re kan tak­seer of on­der woor­de kan bring nie.

As skry­wer-as­keet het die ek­sen­trie­ke S­choe­man die ver­moë ge­had om A­fri­kaans on­ge­woon, maar klok­hel­der, te laat sing.

Met die toe­ken­ning van die Hert­zog­prys in 1970 sê WEG Louw S­choe­man skryf ’n A­fri­kaans “wat een­vou­dig dog soe­pel, ge­voe­lig dog vir­tu­oos is”.

“Sy pro­sa be­sit ’n vaart en eie in­ner­li­ke rit­me wat die ken­merk van die eg­te skry­wer is.”

Maar dis sy “an­ders­heid”, ook vir sy tyd­ge­no­te, wat ’n mens tel­kens op­val.

“Hy het in die tye van die Se­s­ti­gers ge­pu­bli­seer en was so an­ders as hul­le, in so­wel styl as po­li­tiek,” het die dig­ter An­tjie Krog ge­sê.

Vir Krog was S­choe­man die skry­wer van een­saam­heid, die on­ein­dig­heid daar­van teen­oor uit­ge­strek­te land­skap­pe soos die Vry­staat en die Ka­roo.

En dis dié een­saam­heid, maar ook toe­ge­wyd­heid, wat S­choe­man nie net ’n for­mi­da­be­le skry­wer van ver­al ro­mans en an­der werk ge­maak het nie, maar wat ’n le­wens­werk van nie­fik­sie deur on­ge­ken­de na­vor­sing tot die A­fri­kaan­se-taal­skat na­laat.

Soos S­choe­man die le­we aan­ge­pak het, met ’n oop ge­moed en al­tyd den­kend en na­den­kend, het hy die dood met ’n fyn, sta­ti­ge, nou­keu­rig­heid te­ge­moet ge­gaan.

So vreemd soos sy le­we vir ons ge­wo­ne sterf­lin­ge was, so vreemd blyk sy dood te wees.

Maar met dié laas­te le­wens­werk, sy doods­werk, het S­choe­man doel­be­wus ’n be­lang­ri­ke ge­sprek weer na vo­re ge­bring: die kwes­sie van self­be­skik­king.

In S­choe­man is Suid-A­fri­ka ’n on­ge­wo­ne be­gaaf­de skry­wer, en bui­ten­ge­wo­ne mens, ar­mer.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.