Dié 2 groe­pe in SA is min­der­he­de

Beeld - - Kommentaar -

PWV, skryf

Suid-A­fri­ka is nie ver­deel tus­sen swart en wit nie. Suid-A­fri­ka is nie ver­deel tus­sen 11 amp­te­li­ke ta­le nie. Ook nie tus­sen 13 hoof- po­li­tie­ke par­tye of 530 klei­ner par­tye nie. Ons land is nie ver­deel tus­sen goed en sleg of lief­de en haat nie.

Suid-A­fri­ka is in drie groe­pe ver­deel: Twee min­der­heids­groe­pe en een meer­der­heids­groep.

Die twee min­der­heids­groe­pe is ar­ro­gan­te wit men­se wat nog aan die ver­le­de vas­klou en dink hul­le is be­ter as swart men­se en wraak­sug­ti­ge swart men­se wat hul­le wil wreek op wit men­se weens a­part­heid.

Die meer­der­heids­groep is die Suid-A­fri­ka­ners wat die le­we en sy ver­an­de­rin­ge aan­vaar. Dit is swart en wit men­se wat wil aan­gaan met ver­an­de­ring en ’n nor­ma­le le­we in vre­de wil lei. Ons is die groep wat nie aan die ver­le­de vas­klou nie, ons is die groep wat as een na­sie in Suid-A­fri­ka wil be­staan. Die meer­der­heids­groep is die groep wat moet saam­staan om te keer dat Suid-A­fri­ka uit­me­kaar­val.

So­lank die twee min­der­heids­groe­pe met hul op­tre­de voort­gaan, sal die seer van die ver­le­de nooit ge­nees nie.

Dit is ’n s­kan­de en ’n jam­mer­te dat die he­le wit ras as ras­sis­ties ge­sien word wan­neer die min­der­heid nog op swart men­se skree en hul­le die k-woord noem.

Die­self­de geld vir swart men­se wan­neer die he­le swart be­vol­king vir ras­sis­te uit­ge­kryt word wan­neer ’n min­der­heid van hul­le wit men­se moor en w­hi­te bas­tards noem.

Die twee min­der­heids­groe­pe se op­tre­de is be­sig om Suid-A­fri­ka uit­me­kaar te skeur. Hul­le moet ge­stop word, maar nie deur ge­weld nie. Ons moet hul­le wys hoe die meer­der­heid van ons saam­leef, hoe ons een na­sie vir die toe­koms kan bou.

Ons moet op­hou om die min­der­heid te sien as die groep wat ons ge­skie­de­nis skryf. Ons moet be­sef dat die meer­der­heid die lei­ding moet neem en al­mal moet wys hoe om voor­uit te be­weeg.

Die Suid-A­fri­kaan­se re­ën­boog­na­sie moe­nie bang of skaam wees om op te staan teen die twee min­der­heids­groe­pe nie. Ons mag nie toe­laat dat hul­le ons ver­nie­tig nie, ons moet hul­le die pad na voor­uit­gang wys.

As­se­blief, my me­de-Suid-A­fri­ka­ners, laat ons die twee groe­pe tot in­sig bring. Kom ons maak Suid-A­fri­ka die land wat hy is: mooi, vreed­saam, ge­lief en rein.

Ont­hou, daar is net een ras: die men­se­ras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.