Goeie nuus

Ge­loof kyk vrees in oog

Beeld - - MIddelblad - – S­te­phan Jou­bert

“To be bold is to be cle­ar in the fa­ce of fe­ar.”

So be­skryf Ke­vin DeYoung ge­loof.

Ge­loof is nie bra­va­de nie. Dit is ook nie vrees­loos­heid nie, maar vrees wat in die oog ge­kyk is en wat aan­hou­dend neer­ge­sit word voor die He­re. Dan ver­skuif vrees al­gaan­de na ver­troue.

Ge­loof knak die rug van ir­ra­si­o­ne­le vre­se. Ge­loof laat ons weg­kyk van ons­self na God. Ge­loof is om ons hoop in die He­re te plaas as ons e­nig­ste Rots ter­wyl ons ge­du­rig deur die dryf­sand van hier­die le­we moet loop. God is ons lig in die don­ker. Hy is ons krag in die hel­der­heid van die dag.

Ge­loof in God ver­skuif nie net ons pri­o­ri­tei­te nie, maar ook ons aan­dag. Ons ge­loofs­ver­troue maak dat ons die greep van moe­de­loos­heid en mag­te­loos­heid in en rond­om ons dap­per aan­durf.

Dit maak dat ons wei­er om aan hier­die e­mo­sies per­ma­nen­te ver­blyf­reg te gee. Ge­loof breek el­ke keer ’n nu­we pad oop – God s’n, selfs al is an­der paaie rond­om ons ge­blok­keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.