‘S­choe­man soos Man­de­la’ ‘Hy was ’n goeie man, het al­mal ge­help’

Beeld - - Nuus - C­har­les S­mith

“Nta­te S­choe­man was soos Man­de­la. Hy was soos Je­sus. Hy het so baie men­se ge­help,” sê Mamohau Le­ku­la, sy ver­sor­ger wat Dins­dag op sy lyk in sy woon­stel in die Noor­der­bloe­m­af­tree­oord in Bloem­fon­tein af­ge­kom het.

Na­dat sy en haar sus­ter, Je­mi­na Me­ko, ver­le­de week saam met S­choe­man in Le­so­tho va­kan­sie ge­hou het, was sy ver­soek dat hy nie Maan­dag, op Wer­kers­dag, ge­pla wil word nie.

“Hy het ge­sê hy wil rus. Hy wil net in sy bed met die wit la­kens en wit du­vet rus. Hy gaan die sel­foon af­sit. Ek het hom ’n bood­skap ge­stuur dat ek na hom ver­lang, maar hy het nie ge­ant­woord nie,” sê Me­ko.

Le­ku­la het hom in sy spier­wit bed met sy grys­wit ha­re ag­ter­oor teen die spier­wit kus­sing aan­ge­tref en ge­dink hy slaap. Maar toe sy aan hom vat, het sy ge­voel hy is reeds koud.

S­choe­man het ge­reeld aan hul­le ge­sê hy wil nie oud en swak word nie.

Me­ko sê: “Hy het ons ge­sê as ons een­dag in­kom en hy is nie meer hier nie, moet ons eers die pro­ku­reur en dan die dok­ter bel.”

Toe Le­ku­la by die deur in­stap, was daar o­ral in die huis no­tas oor aan wie wat­ter koe­vert moet gaan. Sy tes­ta­ment het op sy ta­fel ge­lê.

Al­les was pre­sies uit­ge­plaas. Daar was selfs ’n no­ta dat sy al die kos vir haar moet vat.

Me­ko het drie dae per week by S­choe­man ge­werk en Le­ku­la, wat deur die week ’n ver­pleeg­as­sis­tent by ’n kli­niek in Tromps­burg is, het hom Sa­ter­dae en Son­dae ver­sorg.

Hy het hul­le en hul ge­sin­ne gel­de­lik on­der­steun. Le­ku­la se seun, Tu­ke­lo, het hy in ’n A­fri­kaan­se kleu­ter­skool in Tromps­burg in­ge­skryf toe hy daar ge­woon het en vir sy skool­op­lei­ding aan die Ho­ër­skool Sand du P­les­sis in Bloem­fon­tein be­taal.

Tu­ke­lo, wat van­jaar in gr. 12

is, be­stem­pel hom­self as A­fri­kaans. Hy speel hok­kie en rug­by vir die skool en wil me­dies stu­deer. Sy sus­sie, Pont­so, kry van­dees­week ook ’n bril wat die skry­wer be­taal het.

Die sus­ters sê die mees­te van hul kle­re en ju­we­liers­wa­re het hul­le van S­choe­man ge­kry.

“Ons is nta­te S­choe­man soos ons hier staan. Hy het hier­die rok­ke, truie en ons kra­le vir ons ge­koop. Dit het dui­sen­de ran­de ge­kos, reg­tig. Maar hy sou net sê: ‘Hoor hoe kliek S­tan­dard Bank’, as hy be­taal.”

Hy het Me­ko se huis in die J.B. Ma­fo­ra-woon­buurt laat oor­bou en baie ver­be­te­rin­ge aan Le­ku­la se huis in Tromps­burg aan­ge­bring.

Op hul va­kan­sie ver­le­de week in Le­so­tho het hy vir hul­le hand­sak­ke en Ba­so­tho-kom­ber­se van sy keu­se ge­koop. Hy was baie ge­luk­kig en het al­les baie ge­niet, hoe­wel hy ge­sê het hy gaan dalk nie meer lank met hul­le wees nie. Dis hier waar Le­ku­la die laas­te fo­to’s van hom ge­neem het ter­wyl hy teen ’n boom ge­leun het.

“Ek be­we so, ek kan nie slaap nie. Ek word saans wak­ker en dan kyk ek na sy fo­to op my sel­foon. Hy was ’n goeie man. Hy het al­mal ge­help. Hy wou al­tyd weet wat al­mal no­dig het. En ek kyk na die fo­to van hom waar hy Man­de­la groet, wat hy aan my ge­gee het toe hy Tromps­burg ver­laat het.”

Me­ko sê wan­neer hul­le deur die stra­te ge­ry het, sou hy aan haar die werk­lo­ses langs die stra­te wys en haar vra om vir al­mal braai­hoen­der te gaan koop. “Kyk, hul­le is hon­ger, Je­mi­na. Hul­le moet eet.”

Hul­le het ge­weet hy was ’n groot skry­wer. Maar hul­le gaan die man wat vir hul­le baie goed was ver­skrik­lik mis. En die man wat vir al­les ke a le boa (baie dan­kie) ge­sê het. Selfs vir sy bord­jie lesje­lesje­le (slap­pap) wat hul­le el­ke og­gend vir hom ge­maak het.

Aan hom sê hul­le nou: T­sa­mae hant­le, nta­te S­choe­man. (’n Mooi reis vir jou, mnr. S­choe­man.)

Ons is nta­te S­choe­man soos ons hier staan. Hy het hier­die rok­ke, truie en ons kra­le vir ons ge­koop. Dit het dui­sen­de ran­de ge­kos, reg­tig.

— MAMOHAU LE­KU­LA EN JE­MI­NA ME­KO

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Ka­rel S­choe­man se versorgers, die sus­ters Mamohau Le­ku­la en Je­mi­na Me­ko, was baie na aan hom. Hy het ver­le­de week selfs vir hul­le Ba­so­tho­kom­ber­se uit­ge­soek. Hy was nie ge­luk­kig met Le­ku­la se blou kom­bers by ’n vo­ri­ge ge­leent­heid nie en sy moet nou na Le­so­tho te­rug­gaan om die hel­der­kleu­ri­ge kom­bers wat hy reeds vir haar uit­ge­soek en voor be­taal het, te gaan haal. Hy het ook Me­ko se huis in die J.B. Ma­fo­ra­woon­buurt bui­te Bloem­fon­tein laat her­bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.